Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Egpaar gemartel gedurende aanval

’n Egpaar van Bronkhorstspruit veg glo om hul lewe nadat hulle Sondag wreed aangeval en gemartel is op hul plaas naby Bronkhorstspruit.

Volgens die Bronkhorstspruit-veiligheidinligtingsnetwerk (BVIN) is die 64-jarige man en sy 53-jarige vrou Sondag omstreeks 18:00 deur ses aanvallers oorval. Een van die aanvallers het vermoedelik ’n vuurwapen gehad.

Die man was in die werkswinkel naby die plaashuis. Hy het alarm gemaak en sy vrou het gaan ondersoek instel en gesien hoe haar man aangerand word.

Foto ter illustrasie. Foto: Pixabay

Die aanvallers het dadelik op die vrou toegeslaan en die egpaar is glo met houtplanke en pype geslaan terwyl die aanvallers op ’n groot bedrag geld aangedring het. Die man se been is na bewering met ’n hoekslyper gesny en die vrou is onder meer met ’n skroefbek aangerand.

Twee handwapens, juweliersware, kontant en huisware is gesteel. Die aanvallers het hul buit en die egpaar se selfone op die man se bakkie gelaai en in die rigting van die R104 gevlug en van daar vermoedelik in die rigting van Bronkhorstspruit of Emalahleni.

Die egpaar se seun het kort ná die aanval by die huis aangekom. Sy ma kon daarin slaag om haarself los te wikkel en hom te roep.

Die BVIN het bevestig die egpaar is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Teen druktyd is hul toestand as kritiek beskryf.

Die man het onder meer gesig- en skedelfrakture opgedoen en moes ’n noodoperasie in ’n Johannesburgse hospitaal ondergaan. Sy vrou is met ’n kopwond en verskeie kneusplekke per ambulans na Emalahleni geneem.

Die polisie in Bronkhorstspruit kon nie dadelik die voorval bevestig nie. Hul kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Bronkhorstspruit  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.