Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Egpaar van drankwinkel in Barberton doodgeskiet

Die polisie in Mpumalanga is tans besig met ’n grootskaalse soektog na vier rowers nadat ’n egpaar, wat ’n drankwinkel in Barberton bestuur het, Maandag in die vroeë oggendure vermoor is.

Dit blyk dat die vier verdagtes die erf, waarop die egpaar ’n agterkamer gehuur het, binnegegaan het en die huiseienaar met kledingstukke vasgebind het. Daarna het hulle by die egpaar se agterkamer ingebreek.

Volgens kol. Donald Mdhuli, polisiewoordvoerder, het die rowers verskeie items geroof, asook die sleutel van die drankwinkel voordat die man en sy vrou, albei in hul dertigs, doodgeskiet is.

Die vier verdagtes is daarna na die drankwinkel om waarskynlik geld te soek.

Die polisie en nooddienste is na die huis ontbied, waar die egpaar dood verklaar is.

“Twee sake van moord, huisroof en inbraak by ’n sakeperseel word ondersoek en die polisie het ’n grootskaalse soektog na die vier verdagtes begin.”

Die polisie het reeds twee mense vir ondervraging ingeneem, sê Mdhuli.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om die ondersoekbeampte, kol. Senzo Dawe, by 071 685 1364 te bel, of die Stop-Misdaadnommer by 08600 10111 te skakel. Inligting kan ook via die toepassing MYSAPSAPP op slimfone gestuur word.

Enige inligting sal met anonimiteit, en met vertroulikheid en sensitiwiteit gehanteer word, lui die polisie se verklaring.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Drankwinkel  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Moord  |  Egpaar  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.