Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Eienaar van Duitse restaurant op plaas vermoor
Foto: Ter illustrasie

Die mense van die rustige Nottingham Road in die KwaZulu-Natalse Middellande is Saterdagoggend geskok deur die nuus dat Edi Neumeister, eienaar van die restaurant en gastehuis Edi’s Wurstbude, vermoor is.

Neumeister (67) is Saterdagoggend deur ’n onbekende aanvaller met ’n panga aangeval en doodgemaak.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê dit lyk of net een mens by die aanval betrokke was.

Die polisie volg tans alle leidrade op.

Volgens ’n mediaverklaring van die Midlands EMS het paramedici omstreeks 08:30 op Neumeister se lyk op die plaas afgekom nadat iemand die nooddienste ontbied het. Die restaurant is ook op die plaas.

Volgens Midlands EMS lyk dit asof Neumeister net buite sy kantoor ingewag is en deur sy aanvaller in die kantoor ingedwing is, vermoedelik om geld te gee.

Hy is erg vermink en is op die toneel dood verklaar.

Neumeister se lewensmaat, Maggie, het die lawaai gehoor en ’n noodknoppie gedruk waarna die aanvaller gevlug het.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Plaas  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.