Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Eienaar van vulstasie doodgeskiet

Die eienaar van die Shell-vulstasie in Leeudoringstad in Noordwes is Dinsdagaand in ’n aanval by sy huis doodgeskiet.

Volgens ’n betroubare bron het vermoedelik ses rowers Jan Lombard agtervolg toe hy van die vulstasie huis toe gegaan het – die huis is naby die vulstasie. ’n Struweling het by die huis tussen Lombard en die rowers ontstaan, waartydens hy geskiet is.

Lombard se bejaarde pa, Henk, is ook aangerand en het gesigbeserings opgedoen.

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, het die voorval bevestig. ‘n Saak van moord en huisroof word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie. 

“Dis nog nie seker wat presies uit die huis gesteel is nie,” het Botma gesê.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Leeudoringstad  |  Vulstasie  |  Misdaad  |  Roof  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.