Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Eienares van dagsorg-sentrum praat oor kinders wat geklap is

“As dit mý kind was, sou ek ook baie, baie kwaad gewees het,” sê die eienares van Myne Maatjies, ’n dagsorgsentrum in Randfontein, Gauteng.

Ouers van die kinders wat in die dagsorgsentrum versorg word, het klagte by die polisie aanhangig gemaak nadat video’s Donderdag op sosiale media versprei is wat wys hoe kinders oënskynlik geklap, verjaag en rondgestamp word. Die voorvalle het na bewering in dié dagsorgsentrum plaasgevind.

Die eienaar van Myne Maatjies in Randfontein word Donderdagmiddag in hegtenis geneem.

Die eienares sê in ’n video op Facebook sy erken dat sy ’n seuntjie op die hande geklap het nadat hy ’n ander kind in die gesig gekrap het.

“Ek het oorreageer en so iets sal nooit weer gebeur nie.”

Sy het gesê tugstappe sal gedoen word teen twee werknemers wat die kinders na bewering aangerand het.

Sy kind het in Februarie by die huis gekom met ’n seer oortjie. “Dit het kompleet gelyk asof iemand haar aan haar oor geknyp of dit gedraai het,” het ’n pa gesê.

Sy het verskoning gevra en gesê by Myne Maatjies “kom die kinders regtig eerste”.

“Ek voel nou soos ’n slegte pa omdat ek toegelaat het dat my kind so mishandel word,” het die pa van die kind in dié foto aan Netwerk24 gesê.

’n Pa, wat sy dogtertjie aan die begin van die jaar by die dagsorgsentrum ingeskryf het, het Donderdag aan Netwerk24 gesê: “My bloed kook behoorlik en ek voel asof ek iemand te lyf kan gaan. Ek is een van vyf ouers, van wie ek weet, wat klagte teen die dagsorgsentrum aanhangig gemaak het. My vrou het my vanoggend in ’n histeriese toestand gebel en my die video, waarin die kinders rondgeruk en gestamp word, gestuur. Ek is dadelik na die plek toe om my kind te gaan uithaal. Daar was ander ouers wat dieselfde gedoen het.

“Ek voel nou soos ’n slegte pa omdat ek toegelaat het dat my kind so mishandel word. Sy het juis in Februarie huis toe gekom met ’n seer oortjie. Dit het kompleet gelyk asof iemand haar aan haar oor geknyp of dit gedraai het.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

Hou Netwerk24 dop vir meer hieroor.

“Ek het my seuntjie verlede maand uitgehaal omdat hy gereeld stukkende plekke op sy lyfie gehad het en ek vermoed het dat iets skort,” sê ’n ander ouer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.