Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Eikestad-rooftog: 2 wil borgtog vra

Die twee mans wat na bewering lede was van ’n groep wat hulle as polisielede voorgedoen en ’n supermark in Stellenbosch beroof het, gaan op 16 April in die plaaslike landdroshof aansoek doen om borgtog.

Thando Madela en Sandiso Mxhego het Woensdag op aanklagte van gewapende roof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in die hof verskyn.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gesê hul aansoeke om borgtog sal op 16 April aangehoor word.

’n Polisie-uniform waarop die polisie beslag gelê het. Foto: Verskaf

Die saak spruit uit ’n rooftog op 12 Maart toe ’n groep mans, van wie sommige gewapen en in polisie-uniforms was, die winkel in Birdstraat om 08:45 binnegegaan en na bewering voorgegee het dat hulle na dwelms soek.

Een van die eienaars van die winkel was agterdogtig en het hulle uitgevra. Die eienaars is daarna aangerand en die rowers het met bokse sigarette en kontant weggejaag.

Die blitspatrollie het hulle agtervolg en in Mfuleni, ’n informele nedersetting buite Kaapstad, ingehaal.

Benewens die sigarette en kontant het die polisie op drie vuurwapens beslag gelê.

Een vuurwapen is in 2018 in Claremont as gesteel aangemeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.