Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Ek gaan dit nie maak’ sê boer ná plaasaanval
Herman Botha (64) is Sondag dood ná 'n plaasaanval .Foto: Verskaf

“Ek gaan dit nie vandag maak nie.”

Dít is wat Herman Botha (64), ’n boer van Groblersdal wat Sondag ná ’n plaasaanval dood is, aanhoudend vir Benita Botha, sy een skoondogter, gesê het.

“Pa gaan oukei wees, pa gaan dit maak,” het Benita haar skoonpa moed ingepraat.

“Hy het gesê hy het baie seer en het toe op die grasperk gaan lê,” sê Benita.

Botha het kort daarna vermoedelik ’n hartaanval gehad voordat die ambulans hom van die plaas kon vervoer na die rugbyveld in Groblersdal waar ’n noodhelikopter gewag het om hom na ’n hospitaal in Pretoria te neem. Hy is in die ambulans dood voordat hy in die helikopter gelaai kon word.

Dié bekende boer van die Loskop-gebied het verlede week ’n angiogram gehad en daar is twee stents in sy hart geplaas.

Die familie vermoed Botha is waarskynlik aan ’n hartaanval dood ná die skok van die plaasaanval.

Die familie moes berading kry na die gewapende aanval en Botha se dood.

“Hy het nadat die aanvallers weg is nog met ons gepraat. Ek het vir hom gesê hy moet dit rustig vat,” sê Benita.

Daar was ’n plas bloed waar hulle my skoonpa geslaan het. Bernard het gedink sy pa is dood.
Benita Botha, skoondogter

Botha is Sondagoggend met ’n staalyster oor die kop geslaan toe hy die motorhuisdeur oopgemaak het om ’n braaier uit te haal waarin hy wou vuur maak vir ’n vleisbraai.

Hy het kort tevore saam met sy seun, Bernard, van die beeste op die plaas gaan voer. Bernard het hom by die huis afgelaai en daarna na ’n spilpunt naby die huis gery.

Hy het onraad vermoed toe hy ’n ruk daarna by die plaashuis aangekom het en sy pa nie gesien het nie.

Herman Botha (64), 'n boer van Groblersdal in Limpopo, by sy beeste op die plaas. Hy is Sondag ná 'n plaasaanval dood. Foto: Verskaf

“Hy het die motorhuis se deur oopgemaak en vasgekyk in die rowers. Daar was ’n plas bloed waar hulle my skoonpa geslaan het. Bernard het gedink sy pa is dood,” sê Benita.

Die rowers het Herman Botha intussen na ’n badkamer in die huis gevat en hom vasgebind.

Bernard is deur sy gesig geskop en etlike kere oor sy rug geslaan. Hy is ook vasgebind.

Benita, haar drie jong kinders en haar skoonma, Meisie, is oorval toe hulle van die kerk af gekom het.

“Die mans het my en my skoonma vasgebind en die kinders in ’n ander kamer toegemaak.”

Hulle is nie beseer nie.

“Hulle hartjies is baie seer want hulle oupa was ’n groot rolmodel vir hulle,” sê Benita.

Meisie en Herman was 41 jaar getroud.

Die mans het in ’n Toyota Etios gevlug wat later verlate teruggevind is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê ’n pistool is teruggekry. Drie mans is in hegtenis geneem en sal na verwagting volgende week in die landdroshof in Groblersdal om borgtog aansoek doen.

Meer oor:  Herman Botha  |  Groblersdal  |  Vrystaat  |  Plaasaanval  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.