Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Ek is nie meer bang nie,’ sê bejaarde ná aanval
Daleen van der Hoven saam met haar dogters, Mirinda van der Hoven, Lize du Plessis en Yolanda Kock. Foto: Anena Burger

“Ek is nie meer bang nie. Die lewe staan nie stil nie, die lewe gaan aan,” sê Daleen van der Hoven (82) met ’n glimlag.

Van der Hoven, wat op 3 Julie verlede jaar in die vroeë oggendure deur vier mans in haar plaashuis in die distrik Zastron aangeval is, gedwing is om met haar motor haar aanvallers oor die Lesotho-grens te vervoer en in die ysige koue kaalvoet en net met haar nagklere aan in die middel van nêrens vir die dood gelos is, straal met ’n positiewe uitkyk op die lewe.

“Dit is net genade van Bo dat ek vandag nog hier is. Daarvoor moet ons dankbaar wees, want dit kon so anders gewees het,” het sy Saterdag gesê waar sy in haar dogter, Lize du Plessis, se tuin in Bloemfontein gesels het.

Haar pragtige blou uitrusting laat haar hemelblou oë nog sagter vertoon.

Die aanval op Van der Hoven en haar dapperheid om daardie nag te oorleef het Suid-Afrikaners aangegryp.

Daardie nag het Van der Hoven kaalvoet en sonder haar bril oor ’n klipperige terrein geloop om hulp te kry.

Daleen van der Hoven sewe maande nadat sy op haar plaas Wanatha in die Zastron-distrik aangeval is en vir dood in die ysige koue in Lesotho gelaat is. Foto: Anena Burger

Sy het by die hut van Mthato Nkoro (72) aangeklop wat haar oor haar ontferm het en gehelp het dat hulp dadelik ontbied kon word.

“Wanneer so iets met jou gebeur, wil jy nie graag die kollig op jou hê nie, maar ek het besef ek kan hoop en ’n positiewe boodskap vir ander slagoffers bring.”

Sedert die aanval wou baie mense weet of sy weer op die plaas gaan woon.

“Natuurlik, dit is my huis. Ek boer my lewe lank hier.”

Sy sê die aanval was vir almal in die omgewing ontstellend.

“Mbatho, hoekom jy? Jy doen dan vir almal goed,” wou van die Sotho-inwoners weet.

Mbatho, haar Sotho-naam, beteken vrou van die mense.

Mbatho, hoekom jy? Jy doen dan vir almal goed.

Sy het nog altyd almal in haar gemeenskap probeer onderskraag en help. Langs die pad gestop om mense ’n ry-geleentheid te gee.

Van der Hoven sê hoewel sy aanvanklik bang was, het sy besef die aanval moet aan misdaad toegeskryf word.

“Jy kan nie veralgemeen en mense oor dieselfde kam skeer nie. Namate misdaad verminder, sal ook aanvalle op plase verminder.”

Van der Hoven se dogters, Du Plessis, Mirinda van der Hoven en Yolanda Kock, beskryf hul ma as ’n ware ystervrou.

Kock, ’n verpleegsuster van Upington, wat haar ma ná haar breinoperasies in Bloemfontein tuis versorg het, kloek liefdevol om haar.

“Sy is vir ons ’n voorbeeld van liefde, vergifnis en dapperheid. Enige ander bejaarde sou dalk net opgegee het, maar my ma gaan net aan,” sê Kock.

“Ons is dankbaar dat ons haar nog hier by ons kan hê. Sy is werklik vir ons ’n toonbeeld van wat dit is om sterk te wees en nie moed op te gee nie,” sê Du Plessis.

Meer oor:  Daleen Van Der Hoven  |  Zastron  |  Bejaarde  |  Plaasaanval  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.