Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Ek was gereed vir hulle,’ sê boer ná plaasaanval

Ek moes hom vier keer skiet, twee keer in die bors en toe twee keer in die kop. Eers met my laaste koeël het ek geweet dis verby, sê Gerrit van der Walt (59), wat Saterdagmiddag deur twee mans op sy plaas buite Zastron aangeval is.

Van der Walt het die aanval verwag en het die eerste skoot, ’n waarskuwingskoot, uit sy baadjiesak geskiet.

Dié aanval was een van drie die afgelope tyd waartydens boere hulself kon verdedig.

Van der Walt se aanvallers is vermoedelik, net soos dié wat John Parr van Tweespruit aangeval het, burgers van Lesotho.

'Hulle het my as ’n sagte teiken beskou, maar ek is fiks.'

Parr en sy gesin is op Saterdag 20 Junie aangeval en hy het twee van die aanvallers doodgeskiet, terwyl ’n derde nog in die hospitaal is.

Dave Osborne, ’n boer van Mokopane in Limpopo, het ook Vrydagmiddag van sy aanvallers raakgeskiet.

Vrydagaand is Wimpie du Toit (54) en sy ma, Janetta, (82), van Petrusburg ernstig beseer in ’n plaasaanval.

Van der Walt sê hy glo die twee mans het beplan om hom te vermoor.

“My honde het laasweek vir my gesê daar is mense op my werf. Ek het ook spore in die veld gekry en merkers wat daarop wys dat hulle beplan om my aan te val.”

Van der Walt het vir die polisie op Zastron gesê hy dink ’n aanval op hom word beplan.

Hy het sy roete van en na sy skaapkraal verander en hy dink dit het ook sy aanvallers Saterdagmiddag verwar.

“Die skape was reeds in die kraal en ek het nie die gewone pad geloop nie,” sê hy.

Die twee mans het hom agter ’n watertenk en ’n sinkdam teen die koppie ingewag. Een het hom met ’n klip gegooi maar hy kon betyds koes.

“Ek het met my hand op my rewolwer in my baadjiesak geloop en die eerste skoot uit die sak geskiet,” sê hy.

Die een man het net daar die pad gevat, maar die tweede een het hom met ’n skerpgemaakte yster bestorm.

“Ek het hom twee keer in die bors geskiet maar hy het nog gekom. Hy was taai,” sê Van der Walt.

Hy en die man het in stoeiery betrokke geraak.

“Hy het die wapen probeer afvat, maar ek het hom nog twee keer geskiet.”

Albei dié skote het die man in die kop getref maar eers ná die tweede kopskoot het hy ’n sug gegee en slap geword.

Van der Walt sê hy ken die mans van geen kant af nie.

“Hulle het my as ’n sagte teiken beskou, maar ek is fiks,” sê hy.

Die polisie het in ’n ander skuilplek op die mans se sakke met klere afgekom.

Hy het die wapen probeer afvat, maar ek het hom nog twee keer geskiet.

Van der Walt, ’n oudbewaarder, sê hy bly tussen agt en tien jaar op die plaas en het nie plaaswerkers nie.

Dr. Jane Buys, veiligheids- en risiko-ontleder van Vrystaat Landbou (VL), sê dit lyk asof ouer mense toenemend die teiken is.

Sy sê oorgrensmisdaad uit Lesotho neem toe en daar is kommer oor dié situasie, maar boere se paraatheid het in twee gevalle daartoe gelei dat aanvallers doodgeskiet is.

Buys sê VL se VKB-veiligheidslessenaar doen ’n ernstige beroep op boerderygemeenskappe om dit saam met die polisie ’n prioriteit te maak om te verseker bejaardes is veilig.

Chris van Zyl, adjunk-hoofbestuurder van TLU SA, sê daar was in die 13 weke voor die staat van inperking 69 plaasaanvalle en 12 plaasmoorde, en in die 13 weke sedert die inperkings ingestel is, is daar nou al 12 moorde gepleeg in 59 aanvalle.

Meer oor:  Wimpie Du Toit  |  Zastron  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.