Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ek was naar, sê boer oor verminkte ooie

Waarskuwing: Die foto’s kan sensitiewe lesers ontstel.

Die gesig van skaapooie, uitmekaar geskeur, maar nog lewend, met hul ongebore lammers wat saam met hul ingewande sigbaar is, spook by ’n boer van Venterstad in die Oos-Kaap.

Jan Harm van Wyk sê op 27 Augustus het hy op die aaklige gesig afgekom waar agt van sy skaapooie, almal swaar dragtig, so deur rondloperhonde vermink is.

“Presies ’n week later kry ek elf van my ooie in die veld, verskeur. By party kon jy die lammertjies sien wat saam met die ingewande uitgeruk is,” sê hy.

Die honde het ook vier lammers doodgebyt.

Dit lyk asof hulle toe uit hul eie begin jag het, of anders het die eienaars beheer oor hul honde verloor.

Dis derduisende rande se skade, maar in sy kop voel hy miljoene armer, so ’n lelike gesig is dit, sê Van Wyk.

Hy sê honde wat skape verskeur is ’n groot euwel in die omgewing. In dieselfde tyd is 18 skape van ’n opkomende boer so verskeur.

Van Wyk het ná die tweede voorval ’n klomp honde wat op sy plaas gejag het, geskiet en op sosiale media gesê dat hy nou genoeg gehad het.

“Ek kan mos nie vir ewig stilbly oor soiets nie,” sê hy.

Hy sê hoewel die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Queenstown navraag oor die voorval gedoen het, lyk dit asof hulle tevrede is met sy verduideliking.

Hy sê boere voer ’n opdraande stryd om suksesvol te boer omdat hulle ook gereeld onder veediefstal deurloop.

Die honde wat sy skape so verskeur het, is honde wat geleer is om te jag.

“Dit lyk asof hulle toe uit hul eie begin jag het, of anders het die eienaars beheer oor hul honde verloor,” sê hy omdat die honde alleen op sy plaas was.

Van Wyk sê van 1 April vanjaar tot op datum is 52 veediefstalsake deur boere in die Venterstad-omgewing aangemeld. Dit sluit die skape uit wat deur honde verskeur is en die beginnerboere se verliese is ook nie bygereken nie.

Jan Harm van Wyk, ’n boer van die Oos-Kaap, sê hy het die honde geskiet wat sy skape so verskeur het. Foto: Verskaf
Een van die ooie wat in die veld deur honde verskeur is. Die honde word vir onwettige jag gebruik, maar het blykbaar self gaan jag toe hulle ’n boer se skape verskeur het. Foto: Verskaf
Die verwoesting wat deur ’n trop honde onder skape gesaai is. Ongebore lammers, in die baarmoeders, is uit die skape geskeur.Foto: Verskaf

Meer oor:  Jan Harm Van Wyk  |  Oos-Kaap  |  Venterstad  |  Landbou  |  Verminkte Ooie  |  Vee  |  Veediefstal  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.