Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ekstra magte ontplooi teen Kaapse bendegeweld

Kaapstad se metropolisie gaan 50 wetstoepassers in Mitchells Plain ontplooi nadat vier mans Saterdagmiddag daar doodgeskiet is in ’n nuwe vlaag van bendegeweld wat byna daagliks lewens eis.

JP Smith, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit Foto: Jaco Marais

Die vier mans is omstreeks 12:15 op kort afstand doodgeskiet en die aanvallers het te voet van die toneel gevlug.

Die mans van onderskeidelik 30, 36, 37 en 64 het voor ’n huis gesit toe op hulle losgebrand is. ’n 37-jarige man is ook in die voorval gewond.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, het gesê 30 metropolisiebeamptes sal Sondagmiddag in veral die omgewing van Beacon Valley en Tafelsig ontplooi word. Dit sal Maandag tot 50 beamptes verhoog word.

Volgens Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die twee verdagtes in twee voertuie by die huis opgedaag en op die mans geskiet.

Hierdie voorval volg op die skietery Donderdag in Beacon Valley, waarin Thamier Mitchell (13) en Morgan Carl (18) doodgeskiet is.

Die polisie het Fritz ingelig dat lede van die teenbende-eenheid, die afdeling vir sigbare polisiëring asook speurders ingespan word om die bendegeweld in bedwang te probeer kry.

Meer oor:  Mitchells Plain  |  Wetstoepassers  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.