Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ekstra polisie ‘pleister op wond’, sê DA in W-Kaap

Die bykomende polisielede wat in die Wes-Kaap ontplooi is, is net “ ’n pleister op ’n wond wat sweer”.

Reagen Allen, die DA se provinsiale woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid en DA-LPW, het Donderdag gesê hoewel die DA dié 197 bykomende polisielede verwelkom, is daar vrae oor die duur van hul ontplooiing en of dit net tydelik is.

Hy sê in ’n verklaring hy het by die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid navraag gedoen om vas te stel hoe lank en waar die polisielede ontplooi word en wat dit die belastingbetaler gaan kos.

Bheki Cele, minister van polisie, het Woensdag in Kaapstad inspeksie gedoen van die bykomende polisielede wat uitgepasseer het en sy kommer uitgespreek oor die hoë moordsyfer in die provinsie.

Cele het toe bevestig dat minstens 50 mense die afgelope langnaweek vermoor is.

“Ons moet seker maak dat mense in vrede in die land kan lewe.”

Die bykomende polisielede sal in Khayelitsha, Delft, Kraaifontein, Nyanga, Harare en Philippi-Oos ontplooi word.

Ons moet seker maak dat mense in vrede in die land kan lewe.

Allen sê bykomende ondersteuning van die polisie is belangrik, maar ’n tydelike ontplooiing is soos “ ’n pleister op ’n wond wat sweer.

“Ons kort ’n permanente toename in die hoeveelheid en gehalte van polisiehulpbronne.”

Hy het beklemtoon dat net die polisie dit kan doen, met die steun van die nasionale regering.

Verder het Allen daarop gewys dat die provinsie jaarliks soveel as sewe uit tien van die polisiekantore met die meeste moorde en ander geweldsmisdade het.

Verlede week het die provinsiale regering en die Kaapstad-metro ook 250 bykomende wetstoepassers ontplooi om saam met die polisie aan misdaadvoorkoming te werk.

Volgens Allen het dié beamptes reeds goeie vordering gemaak deur op vuurwapens en dwelms beslag te lê en met stop-en-deursoekoperasies.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Woensdag ook sy kommer uitgespreek oor die jeug in die Wes-Kaap wat in die kruisvuur van bendes beland.

Dit kom ná drie voorvalle waarin kinders die afgelope twee weke raak geskiet is in Manenberg, Hanover Park en Philippi. Die jongste slagoffer is net vier jaar oud.

Fritz sê in ’n verklaring sedert Oktober verlede jaar is 500 wetstoepassingsbeamptes as deel van Leap (Law Enforcement Advancement Plan) in Delft, Nyanga, Khayelitsha, Philippi, Bishop Lavis en Mitchells Plain ontplooi.

Meer oor:  Reagen Allen  |  Wes-Kaap  |  Polisielede  |  Bheki Cele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.