Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Elf aangekeer ná mislukte rooftog in Kby

Elf vermeende gewapende rowers is Woensdag op die misdaadtoneel op die hoek van Cecil Sussman- en Phakamile Mabijaweg en later by ’n huis in Kimberley, in hegtenis geneem ná ’n mislukte gewapende rooftog op ’n geldwa.

Die huis waar die ses verdagtes aangekeer is. Van die verdagtes is in die vangwa links.

Die voorval het omstreeks 11:00 plaasgevind. Vyf verdagtes is op die misdaadtoneel en ses ander by ’n huis in Moorestraat in Verwoerdpark in hegtenis geneem.

Volgens ’n ingeligte is twee van die verdagtes op borgtog uit in ’n onverwante saak van gewapende roof by die K&B-supermark in November 2015 in Beaconsfield, Kimberley. Twee veiligheidswagte van G4S is toe van geld beroof. Dié verhoor is nog nie afgehandel nie.

Kapt. Thabo Litabe, polisiewoordvoerder, sê verskeie eenhede van die Valke oor die land heen het inligting opgevolg en die rooftog gefnuik. Die Valke, misdaadintelligensie en die nasionale intervensie-eenheid was betrokke.

Volgens omstanders het skote geklap toe die polisie die vermeende rowers voorgelê het. Die geldwa is ook tot stilstand gebring.

Volgens Litabe was al 11 mans, tussen die ouderdom van 29 en 44 jaar, op die toneel, maar ses van hulle het in ’n wegkommotor gevlug. Hulle is by die huis waarheen hulle gevlug het, aangekeer.

Die polisie het ’n geweer, ’n Glock-pistool en ammunisie, insluitend twee magasyne en 13 patrone, in die huis gevind.

Die vangwa met sommige van die verdagtes wat by die huis aangekeer is. Foto: Charné Kemp

“Ons het ook op drie motors wat hulle gebruik het, beslag gelê.”

“Die mans sal van sameswering om ’n gewapende rooftog te pleeg, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, en die besit van vermoedelik gesteelde voertuie aangekla word.”

Die mans sal binnekort in die hof verskyn.

Kapt. Thabo Litabe, polisiewoordvoerder. Foto: Charné Kemp
Die ondersoekers dra sakke met bewysstukke weg. Foto: Charné Kemp

Meer oor:  Kimberley  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.