Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Elim in rou ná kind se moord

Die sendingdorpie Elim rou oor die dood van die sesjarige Delvina Europa.

Haar lyk is in bosse agter die laerskool gevind.

Sy is vermoor en vermoedelik verkrag.

Inwoners wat aan die soektog na Delvina Europa deelgeneem het, stap na die gebied waar haar lyk gevind is. Foto: Verskaf
Polisiebeamptes van Bredasdorp praat met inwoners van Elim kort nadat Delvina Europa se lyk gevind is. Foto: Verskaf

Sy is Maandagaand as vermis aangemeld en haar lyk is Dinsdag kort ná 07:00 gevind deur ’n vrou wat deel van die soekgeselskap was.

Delvina se tannie Carol Europa was Dinsdag nog te emosioneel om met enigeen oor haar niggie se dood te praat. Delvina was in Europa se sorg nadat haar ma in Desember dood is.

Sowat ’n uur nadat Delvina se lyk gevind is, het die polisie ’n 35-jarige man in Barrydale ondervra.

Delvina het glo Sondag in Nuwestraat, Elim, gespeel toe sy die laaste keer gesien is. Sy het glo saam met die man in die rigting van die bosse gestap waar haar lyk gevind is.

Die man is ’n inwoner van Elim en het glo sowat ’n maand gelede uit ’n rehabilitasiesentrum gekom. Hy het glo dwelms gebruik.

Volgens ’n bron wat by was toe die man in hegtenis geneem is, was hy baie kalm toe die polisie by sy werkplek in Barrydale opgedaag het.

Delvina is Maandag omstreeks 19:45 as vermis by die Bredasdorp-polisiekantoor aangemeld.

Delvina Europa
Delvina Europa (6) se lyk is Dinsdag in bosse in Elim gevind nadat sy Sondag vermis geraak het. Foto: Facebook

Elim het ’n satelliet-polisiekantoor wat onder Bredasdorp val. Dié kantoor is Maandae slegs van 06:00 tot 18:00 oop.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Delvina se lyk gevind is.

Hy sê forensiese polisiebeamptes fynkam nog steeds die toneel waar haar lyk gevind is, vir leidrade.

Die saak word nou deur die polisie se kinderbeskermingseenheid ondersoek.

Elim
Inwoners van Elim het Dinsdag by die Elim-kerk byeengekom kort nadat Delvina Europa se lyk gevind is. Foto: Verskaf

Meer oor:  Delvina Europa  |  Elim  |  Moord  |  Kleuter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.