Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Emfuleni-oudit moet voortgaan

Die voorval verlede jaar waarin ’n personeellid van die ouditeur-generaal (OG) se kantoor gewond is, belemmer die ouditproses in die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng, sê Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in dié plaaslike munisipaliteit wat Evaton, Sebokeng, Vaal-Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging insluit.

Die OG-personeellid is in Oktober op ’n werksbesoek aan die Emfuleni-munisipaliteit by ’n gastehuis geskiet en van skootrekenaars en selfone beroof.

Senekal meen daar moet dringend ingegryp word omdat dié aanval negatiewe gevolge vir die Emfuleni-munisipaliteit inhou omdat die ouditverslag nie betyds ingedien kon word nie.

OG-personeellede se lewe is ook by munisipaliteite in Noordwes in gevaar gestel toe hulle as gyselaar gehou is en hul motors se bande stukkend gesny en die vensters stukkend geslaan is.

“Die OG moes noodgedwonge sy ouditspan wat Emfuleni se sake behartig, onttrek terwyl die wetstoepassingsowerhede die saak ondersoek,” sê Senekal.

“Die OG moet nou ingevolge wetgewing verslag doen aan die provinsiale wetgewer asook die parlement oor die aangeleentheid. Die finansiële state van Emfuleni is aanvanklik op 31 Augustus aan die OG oorhandig en die OG se ouditverslag moes teen 30 November by die rekenpligtige beampte van Emfuleni ingedien gewees het.”

Volgens Senekal is die VF Plus van mening dat die aanval op die personeellid van die OG uitgevoer is om die ouditproses te belemmer.

“Die VF Plus dring daarop aan dat die ondersoek na die voorval as ’n prioriteit hanteer word sodat die oudit van Emfuleni se jaarverslag onverwyld voortgesit kan word,” sê Senekal.

Meer oor:  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.