Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Eskom-vrou is vermoor
Thembisile Yende

Thembisile Yende, wie se lyk Maandag – 12 dae nadat sy as vermis aangemeld is – in ’n pakkamer by Eskom se Pieterboth-substasie in Springs gevind is, is vermoor.

“Die polisie het aanvanklik ’n geregtelike ondersoek gedoen, maar het dit dadelik na ’n moordondersoek verander toe die nadoodse ondersoek toon dat Yende verwurg is,” sê kapt. Johannes Ramphora, polisiewoordvoerder.

Ramphora sê haar naels is op die perseel gevind en sy het beserings gehad, wat toon dat daar ’n stoeiery tussen haar en haar moordenaar was.

Hy sê dit is nog nie duidelik uit die ondersoek waar en waarmee sy vermoor is nie, maar sy is moontlik iewers anders vermoor en haar lyk is toe in die pakkamer weggesteek.

Volgens Ramphora is Yende se toesighouer deur die polisie ondervra, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

“Daar is glo e-posse wat Yende dae voordat sy dood is, gestuur het om haar griewe oor haar werktoestande uit te spreek. Sy het volgens haar familie aan hulle gesê dis nie meer lekker by die werk nie,” sê Ramphora.

Hy sê daar is ook ander aanduidings dat daar probleme by die werk was.

“Die polisie het Yende se skootrekenaar en ander rekenaars by haar werk gevat om vir leidrade te soek.”

Daar is glo e-posse wat Yende dae voordat sy dood is, gestuur het om haar griewe oor haar werktoestande uit te spreek.
kapt. Johannes Ramphora, polisiewoordvoerder

Brian Sithole, familiewoordvoerder, sê die familie is tevrede met die uitslae van die nadoodse ondersoek, maar soek steeds antwoorde, wat Eskom sal moet help beantwoord.

Die polisie ondersoek waarom die kringtelevisiekamera skielik nie gewerk het nie, nadat dit gewerk tot net nadat Yende by die werk aangekom het.

Sithole sê die familie het juis vrae hieroor en oor waarom die toesighouer nie op die dag toe Yende vermis geraak het haar familie gekontak het om te hoor waar sy is, soos wat sy gewoonlik gedoen het nie.

Volgens Ramphora het Yende glo nie die kamer waarin haar lyk gevind is se sleutels gehad nie.

“Daarom gaan ons vasstel wie daardie sleutels gehad het. Daardie kantoor was die afgelope twee jaar lank gesluit en nie gebruik nie.”

Haar werkmotor is ook op die perseel gevind en Ramphora sê dit staan sedertdien op dieselfde plek.

Meer oor:  Thembisile Yende  |  Springs  |  Eskom  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.