Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ethiopiërs se winkels geplunder ná dwelmmoord

Die skietdood van ’n 18-jarige inwoner van Frankfort het Dinsdag daartoe gelei dat feitlik al die buitelanders se winkels in dié dorp geplunder en aan die brand gesteek is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê ’n Ethiopiër het na bewering Dinsdag omstreeks 14:44 skote buite sy winkel in die Namahadi-woonbuurt hoor klap.

Die man, die eienaar van die Las Vegas Tuckshop, wou nie uit sy winkel gaan nie en het later sy broer gevra om die voorval by die polisie aan te meld omdat hy gesien het iemand is naby die winkel raakgeskiet.

Die broer het die voorval gaan aanmeld, maar kort hierna het inwoners, wat van die moord te hore gekom het, buitelanders se winkels begin plunder. Beweringe is gemaak dat die Ethiopiërs vir die moord op die 18-jarige inwoner verantwoordelik was.

12 winkels wat aan buitelanders behoort, is geplunder en afgebrand.

Makhele sê 12 winkels wat aan buitelanders behoort, is geplunder en afgebrand. Die polisie het drie verdagtes – twee vroue van onderskeidelik 51 en 45 jaar en ’n 25-jarige man – in hegtenis geneem.

Gerhard Smit van Oryx Security sê egter minstens 30 winkels is verwoes.

“Feitlik al die buitelanders se winkels is verwoes. Die meeste winkels is eers geplunder en daarna in puin gelê.”

Smit sê waar inwoners nie by die winkels kon inkom nie, het hulle dit aan die brand gesteek.

“Ons het ons hande vol gehad, daar was nie genoeg polisie nie en inwoners het in groepe op die winkels toegeslaan,” sê hy.

Smit sê hy en nog veiligheidswagte het saam met die polisie orde probeer handhaaf en hulle is kort ná middernag eers daar weg.

Volgens inligting het die 18-jarige slagoffer ’n onwettige dwelmtransaksie gesien en wou toe hê ’n buitelander moet hom sigarette as betaling gee om stil te bly. Hy is toe doodgeskiet.

Meer oor:  Frankfort  |  Skietdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.