Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Familie bevestig oorskot is vermoorde tiener s’n

Die familie van die vermoorde tiener Andile (Bobo) Mbuthu het Dinsdag bevestig die oorskot wat in ’n rivier in Tongaat gekry het, is wel syne.

Andile (16) is na bewering ontvoer en sy oorskot is op 8 Mei in ’n sak vol bakstene gevind wat in die Wewe-rivier aan die buitewyke van die Tongaat-gebied, noord van Durban, gestort is.

Andile Mbuthu
Andile Mbuthu Foto: Twitter/City Press via News24

Die moord het na bewering by die bekende Magagula Lounge in Hambanathi plaasgevind nadat die tiener glo daarvan beskuldig is dat hy alkohol gesteel het.

Zodwa Jali, Andile se tannie, het Woensdag die nuus aan News24 bevestig.

“Ja, ons kan dit bevestig. Nou kan ons gerus wees, want ons weet ten minste met sekerheid,” sê Jali.

“Voorheen was ons nie heeltemal seker nie. Daar was gerugte en mense het dit vermoed, maar nou weet ons dit seker. Dit help.”

Ses mans – Mlungisi Thabete (28), Andile Nhleko (27), Mncedisi Mzobe (27), Siyanda Msweli (26), Lindani Ndlovu (22) en Malusi Mthembu (27) – word daarvan beskuldig dat hulle Andile ontvoer en vermoor het.

Hofverrigtinge is weens die Covid-19-virus uitgestel.

Meer oor:  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.