Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Familie het baie vrae nadat vrou se lyk gevind is
Lydia Olivier (53) se familie soek antwoorde nadat haar verbrande lyk in die veld in Pretoria-Wes aangetref is.

Die familie van ’n Pretoriase vrou soek antwoorde nadat sy in raaiselagtige omstandighede dood is.

Lydia Olivier (53) se erg verbrande lyk is verlede Maandag in die veld by die Sandfontein-hoewes in Pretoria-Wes gevind. Volgens verskeie bronne, insluitend iemand na aan die ondersoek, was haar lyk byna onherkenbaar verbrand.

Olivier het glo op dieselfde dag haar huis, wat sy met haar lewensmaat van die afgelope drie jaar gedeel het, te voet verlaat en het laat blyk dat sy vir haar dogter in Germiston aan die Oos-Rand gaan kuier.

Sover bekend het nie haar dogter of enige ander familielid van haar planne geweet nie.

Ben Booysen, haar skoonseun, sê sy vrou, Nicola, het ’n week of so vantevore ’n droom gehad waarin “sy sien hoe gaan haar ma voor haar dood”. Hy het dit probeer wegpraat en toegeskryf aan die feit dat hulle onlangs baie geliefdes aan die dood afgestaan het.

Die skok was daarom soveel erger toe hulle die nuus kry.

Volgens Booysen het Olivier se vriend die familie die Maandag via ’n stemboodskap op WhatsApp gekontak. Olivier is glo by die huis weg sonder haar skoene, handsak, geld of enige van haar bankkaarte.

Sy het, volgens bronne, onder meer aan epilepsie en demensie gely.

Die vriend het haar glo dieselfde dag as vermis by die polisie probeer aanmeld.

“Hulle het vir hom gesê hy moet die volgende dag terugkom, wat hy toe gedoen het,” sê Booysen.

Daar is baie dinge waaroor ons nou wonder en waarop ons antwoorde soek.

Later daardie dag het die vriend nog ’n boodskap gestuur: “Ek het haar gekry in die staatslykshuis”.

Hy het haar glo aan die moesies onder haar een arm uitgeken en aan die stukkies klere wat nie onherkenbaar gebrand het nie.

Dit blyk die werknemers van ’n werkswinkel langs die oop veld – waar Olivier gevind was – het vroeër iemand daar opgemerk. Later het hulle gesien daar is ’n veldbrand. Dit is onseker hoe die brand ontstaan het.

Olivier se familie het hulle van Germiston na Pretoria gehaas om vas te stel wat gebeur het. Dit is vir hulle vreemd dat sy sommer net so die pad sou vat.

“Daar is baie dinge waaroor ons nou wonder en waarop ons antwoorde soek,” sê Booysen.

“Dalk is sy al ’n dag voor die tyd vermoor en haar lyk net gedump. Ons sal seker beter weet as ons die nadoodse verslag kan sien.”

Kol. Noxolo Kweza, Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie het met ’n geregtelike doodsondersoek begin.

Olivier se vriend het nie op oproepe of boodskappe gereageer nie.

Sy sal veras word, waarna haar geliefdes ’n private seremonie sal hou om haar lewe te gedenk.

Meer oor:  Sandfontein-Hoewes  |  Lydia Olivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.