Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Familie hoop verdagtes kan met moord verbind word

Die familie van die vermoorde Gerrit Schoonhoven van Potchefstroom hoop dat van die mans wat vandeesweek met sy motor in Deneysville in die Vrystaat gevang is, met sy moord verbind kan word.

Marriëtte Scholtz, Schoonhoven se suster, sê hulle het gebid dat iemand aangekeer word en hulle hoop nou van dié mense sal met die moord op haar broer verbind kan word.

Die vermoorde Gerrit Schoonhoven van Potchefstroom. Foto: Facebook

Die sewe mans wat Dinsdagaand in Deneysville aangekeer is terwyl hulle met Schoonhoven (53) se VW Jetta gery het, het Vrydag in Sasolburg op aanklagte van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en patrone en die besit van vermoedelik gesteelde goedere in die hof verskyn.

Zungu Thulani Teboho, Chaka Gift Joseph, Mampula Ntsikelelo, Tyelele Tshepo Kefiloe Donald, Mofokeng Naledi, Skosana Tubiki Simon en Skosana Mkhulu Joseph se verhoor is tot 15 Februarie uitgestel en hulle bly tot dan in aanhouding.

Schoonhoven het op 28 November vermis geraak, waarna sy lyk op 1 Desember in die Vaalrivier by Villiers in die Vrystaat gevind is.

’n Pistool, wat glo aan die polisie behoort, twee speelgoed-wapens en ’n onbekende bedrag geld is ook in die mans se besit gevind.

Scholtz sê hoewel die mans nog nie direk met Schoonhoven se moord verbind word nie, is hulle steeds verlig dat iemand aangekeer is.

“Hulle is gevang met Gerrit se kar. Ons hoop nou van hulle word met sy moord verbind. Ek is steeds emosioneel. Dit is nog ’n lang pad voordat die saak tot ’n einde kom, maar dis ’n begin.

Die polisie sal ondersoek hoe een van hul vuurwapens in die mans se besit beland het, sê Rani.

Volgens Scholtz, wat saam met haar man, JC, in Uvongo vakansie hou, was dit ’n groot skok toe die polisie hulle bel en sê hulle het mense met haar broer se motor gevang.

Die mans is aangekeer nadat die polisie ’n wenk uit die gemeenskap opgevolg het oor ’n verdagte motor in Oranjeville se strate. Polisiebeamptes van die Oranjeville-polisiekantoor is uitgestuur, maar toe hulle sien daar is sewe mans daarin, het hulle versterkings van Deneysville ingeroep, het konst. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, vroeër gesê.

Volgens Rani het die beamptes die voertuig deurgesoek en afgekom op die pistool, twee speelgoedwapens, kontant, selfone, sigarette, selfoonlugtyd, patrone en verskeie nommerplate.

Die polisie sal ondersoek hoe een van hul vuurwapens in die mans se besit beland het, sê Rani.

Meer oor:  Potchefstroom  |  Moord  |  Moord-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.