Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Familie van vermiste vrou ken haar verbrande lyk uit

Die familie van ’n vrou van KwaZulu-Natal wat al ’n week lank vermis is, het ’n verbrande lyk as hare uitgeken.

Siam Lee (20)Foto: VERSKAF

Siam Lee (20) is op 4 Januarie laas buite haar werkplek in Durban-Noord gesien. ’n Boer het Donderdag in ’n suikerrietplantasie naby New Hanover, sowat 100 km buite die stad, op ’n erg verbrande lyk van ’n vrou afgekom.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, sê hoewel haar familie haar uitgeken het, sal haar identiteit deur DNS-toetse bevestig moet word.

Die presiese oorsaak van haar dood sal ook in ’n lykskouing bepaal word.

Zwane sê hoewel die motief vir die moord onbekend is, word beweer dat Lee die afgelope maande dreigoproepe ontvang het. Dit is onbekend of dit by die polisie aangemeld is.

Lee is die laaste keer deur ’n kollega gesien toe sy haar werkplek in Margaret Maytom-laan verlaat het. Sy het nooit by haar huis uitgekom nie en haar skoene is later buite haar werkplek gevind.

Op kringtelevisie kan gesien word hoe die bestuurder van ’n swart Mercedes-Benz met Gautengse nommerplate haar ontvoer.

’n Identikit van die man is uitgereik en enigiemand met inligting word gevra om kapt. Raymond Deokara by 083 632 2849 of 031 560 8004 te bel.

Die familie se privaat speurder, Allan Carey, wou nie kommentaar lewer nie.

Identikit van die man wat Siam Lee glo ontvoer het. Foto: VERSKAF
Die KwaZulu-Natalse polisie soek na dié man in verband met die ontvoering van en vermoedelike moord van Siam Lee. Foto: VERSKAF

Meer oor:  Siam Lee  |  Vermiste  |  Verbrand  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.