Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Familie wis eers nie dis Shandoline se lyk in puttoilet
Die Keimoes-gemeenskap het Dinsdag in groot getalle by die landdroshof saamgetrek waar die vermeende moordenaar van Shandoline Jonkers verskyn het.Foto: Verskaf

Die familie van die vermoorde jong vrou wie se opgekapte lyk Sondagaand in ’n puttoilet in Keimoes gevind is, was op die toneel toe die polisie die liggaamsdele uit die toilet verwyder het.

Jo-Anne Maasdorp sê min het hulle toe geweet dat dit haar niggie Shandoline Jonkers (19) se lyk is.

Sy sê die familie, onder wie Shandoline se voog en bejaarde oupa, Jacobus Bok, het met skok uitgevind dat dit háár lewe was wat so wreed kortgeknip is.

Shandoline se lyk is Sondagaand in ’n puttoilet in Gamakor gekry. Na verneem word, is haar nek glo gebreek voordat haar lyk in stukke opgekap en in ’n puttoilet langs ’n sinkhuis in dié woonbuurt gegooi is.

Die vermeende moordenaar is aan hulle bekend en woon nie ver van Bok se huis af nie.

Shandoline JonkersFoto: Verskaf

Rodian Williams (25), die eienaar van die sinkhuis, is kort daarna in hegtenis geneem en het Dinsdag in die landdroshof op dié Noord-Kaapse dorp verskyn. Sy verhoor is tot 2 Maart uitgestel.

Maasdorp sê haar hart breek vir Shurice, Shandoline se vyfjarige dogter.

“Sy het onophoudelik geskree toe ons haar van haar ma se dood vertel. Hoewel sy nog klein is, verstaan sy dat sy nie weer haar ma gaan sien nie.”

Maasdorp sê die meeste van die familie het Dinsdag die hofsitting bygewoon en was woedend toe Williams met ’n baadjie oor sy gesig die hofsaal binnekom.

“Hy toon geen berou nie.”

Sy het Shandoline as ’n stil, skamerige jong vrou beskryf wat altyd gehelp het waar sy kan.

Maasdorp sê Bok ontvang eers berading voordat hy sy kleindogter gaan uitken.

Sy sê daar is steeds so baie onbeantwoorde vrae oor die moord.

“Vrae soos hoe het hul paaie gekruis? Hoekom het hy haar so wreed vermoor?”

Meer oor:  Moord  |  Keimoes  |  Puttoilet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.