Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Familielede vas ná hul glo verkragte wou omkoop

Drie familielede van ’n beskuldigde in ’n verkragtingsaak sal Donderdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn nadat hulle glo die klaagster en vermeende slagoffer wou dwing om die klagte te laat vaar en haar probeer omkoop het.

Volgens kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, het die polisie Dinsdag in die vroeë oggendure drie mense, tussen die ouderdomme van 50 en 75 jaar oud, aangekeer.

Hulle verskyn Donderdag op aanklagte van korrupsie en regsverydeling in die hof nadat hulle die klaagster na bewering op 29 Julie vanjaar R6 000 aangebied het en daarop aangedring het dat sy haar klag van verkragting en mensehandel teen hul familielid, wat tans in aanhouding is, terugtrek.

Volgens Singo het die drie verdagtes haar glo voortdurend gekontak en druk op haar uitgeoefen om die klagte terug te trek.

“Hulle het (glo) ook belowe om haar R6 000 te gee sodra die klagte laat vaar is. Daarbenewens het hulle glo ’n brief aan haar familie geskryf waarin hulle hul daartoe verbind om ’n deel lobola te betaal.”

Die saak is by die direkteur van openbare vervolging (DOV) in Bloemfontein aangemeld. Die DOV het die Valke opdrag gegee om ’n klag van korrupsie en regsverydeling te open. ’n Lasbrief is uitgereik en die drie verdagtes is aangekeer.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Aangekeer  |  Omkoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.