Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ferndale-aanval: Man beskerm sy vrou

’n Aanvaller het ’n man van Ferndale, Johannesburg, tot 20 keer met ’n mes gesteek terwyl hy bo-op sy vrou gelê het om haar te beskerm.

Die egpaar, albei in hul 70’s, is Maandag in die vroeë oggendure deur ’n aanvaller in hul huis in Langlaan in dié woonbuurt oorrompel, sê ’n familielid van die vrou.

Die name van die slagoffers is aan Netwerk24 bekend, maar word op hul versoek weerhou.

Hulle het albei gister (Maandag) operasies ondergaan. Die man is Maandag in die vroeë oggendure geopereer terwyl die vrou gisteroggend (Maandag) om 09:00 uur geopereer is. Albei se operasies was ’n sukses gewees
Familielid

Die familielid sê dit is ’n wonderwerk dat die egpaar die traumatiese ervaring oorleef het.

Die aanvaller het glo deur ’n ruit toegang tot die huis verkry.

Albei het steekwonde opgedoen en hul toestand is nou bestendig. Hulle lê langs mekaar in die waaksaal in ’n Johannesburgse hospitaal.

“Hulle het albei gister (Maandag) operasies ondergaan. Die man is Maandag in die vroeë oggendure geopereer terwyl die vrou gisteroggend (Maandag) om 09:00 geopereer is. Albei se operasies was ’n sukses,” sê die familielid.

“Geen van hul organe is in die aanval beskadig nie. Ons is dankbaar dat hulle die aanval oorleef het. Hulle is albei gemaklik en bestendig en baie verlig dat hulle lewend aan die ander kant van die aanval kon uitkom.”

Volgens die familielid is dit onbekend wat die aanvaller se motief was.

“Daar is niks uit die huis gesteel nie. Hulle is bloot aangeval,” sê sy.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is die egpaar in ’n kritieke toestand op die toneel aangetref.

“Die man is met byna 20 steekwonde oor sy liggaam gevind. Gevorderde lewensondersteuning is op die egpaar toegepas waarna hulle na ’n hospitaal geneem is,” sê hy.

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale woordvoerder, het bevestig die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof.

“Dit is ook moontlik dat alternatiewe klagte tot die saak bygevoeg kan word soos die ondersoek vorder,” sê sy.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

“Die polisie rig ’n versoek aan enigiemand met inligting oor die aanval om dit by die polisie aan te meld of om 08600 10111 te bel,” sê sy.

Meer oor:  Ferndale  |  Johannesburg  |  Man  |  Egpaar  |  Vrou  |  Gesteek  |  Beskerm  |  Aanvaller
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.