Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Fietsryer in Durbanville van fiets geslaan, in gesig gesteek

’n Fietsryer is die naweek in Durbanville eers van sy fiets afgeslaan en toe met ’n skerp voorwerp in die gesig gesteek.

Die voorval het Saterdag omstreeks 06:15 gebeur en was een van drie aanvalle wat blykbaar binne 24 uur in die omgewing van Morningstar voorgekom het, volgens inligting van die maatskappy Bassett Alarms op Facebook.

’n Stapper is Vrydag omstreeks 09:00 in Greenbelt aangeval en die aanvaller het in die rigting van Morningstar gehardloop. Saterdagoggend is twee fietsryers in twee afsonderlike voorvalle aangeval. Een is glo met ’n sak geslaan met ’n baksteen in en nog een het dieselfde oorgekom en is ook gesteek.

Die fietsryer wat geslaan en gesteek is, is om kommentaar genader, maar het Netwerk24 versoek om nie sy naam te noem nie.

“Dit het oorkant Morningstar gebeur en ek dra geen kennis van die ander voorvalle nie,” sê hy.

Volgens inligting het hy in Langebergstraat gery, net voor die nuwe ontwikkeling by Morningstar. Een man het langs die pad gestaan en vir hom geskree hy moet agtertoe kyk. Nog twee mans was verder in die pad, aan dieselfde kant. Hulle het na hom aangehardloop gekom. Hy is van sy fiets afgeslaan met ’n sak “wat gevoel het of daar ’n baksteen in is” en toe ook met iets in die gesig gesteek. Die mans het blykbaar weggehardloop.

Hy is na die polisiekantoor in Durbanville om die voorval aan te meld. Sy fiets is nie gesteel nie en hy is nie ernstig beseer nie.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Volgens Rwexana is ’n klag van algemene aanranding by die polisie aanhangig gemaak. Die omstandighede van die voorval word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie het nie enige ander aanvalle in die gebied bevestig nie.

Die fietsryer se vriendin het ook oor die voorval op Facebook geskryf waar talle mense hul skok daaroor uitgespreek het. Volgens inligting op Facebook word mense gewaarsku om versigtig in die gebied te wees.

Meer oor:  Fietsryer  |  Durbanville  |  Fiets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.