Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Fietsryer nog in hospitaal ná hy aangeval, beroof is

Die voormalige WP-fietsryer wat Vrydag aangeval en van sy fiets beroof is in Marinerylaan in Schoenmakerskop in Port Elizabeth, is nog in die hospitaal.

Werner Wiehart (55) is van sy fiets, beursie en selfoon beroof deur ses jeugdiges wat uit die bosse langs die pad gespring en hom aangeval het.

Motoriste het kort ná die aanval stilgehou om Wiehart te help. Hy het in die pad gelê en kon nie beweeg nie. Hy het ook deurmekaar voorgekom.

Na verneem word het die aanvallers op ’n bakkie gespring wat met hulle weggery het.

Wiehart se vrou, Belinda-Ann, het Maandag gesê hulle is dankbaar haar man is van die ventilator af en dat hy nou op sy eie asemhaal.

Sy sê haar man se pelvis is steeds geswel en sy ribbes is aan die herstel.

“Sy kraakbeen is steeds sensitief, maar ons dank God want hy kan wonderwerke vermag. Hy is dankbaar dat hy nog lewe en is vasberade om weer te begin fietsry, maar nie vandag nie,” sê Belinda-Ann.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die ondersoek na die voorval duur voort en nog niemand is aangekeer nie.

Sy glo vas die booswigte sal met die volle mag van die reg te doen kry, “want God slaap nie”.

Die organisasie Stay Wider of the Rider het op hul Facebook-blad gesê fietsryers word deur misdadigers geteiken oor die duur fietse waarmee hulle ry.

Die polisie ondersoek ’n saak van roof. Ooggetuies is gevra om vorendag te kom.

Fietsryers word gemaan om nie alleen te ry nie, want die roof van fietse kom al hoe meer voor in die gebied rondom Victoriastraat en afgeleë dele van Marinerylaan en Sardiniabaai.

Enigeen met inligting kan kapt. Estelle Edwards, die ondersoekbeampte, op 079 520 3256 bel.

Meer oor:  Fietsryer  |  Aangeval  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.