Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Finish hulle’, toe sterf man en 3 kinders in wendyhuis

Hulle het die deur van die wendyhuis wat agter in ’n erf by Northmead-hof, Clarke-landgoed, Elsiesrivier staan, afgeskop en lukraak begin skiet.

Adrian Junior Alexander (12)

Twee vroue, die ma’s van die drie kinders in die huis, het van hul beddens tot op die grond gerol.

In die donkerte van Dinsdagaand het hulle gehoor een van die skieters skreeu, “finish hulle”.

Nog skote is afgevuur.

Mandy Samuels (33) is in die rug en been gewond. Haar twee kinders, Toslin Samuels (10) en MJ Samuels (12) is doodgeskiet.

Brenda Alexander (30) is in die rug raakgeskiet. Haar seun, Adrian Junior Alexander (12), is ook doodgeskiet.

Vineto “CJ” Africa (19) is ook waar hy gelê het doodgeskiet. Hy het na wat verneem word bande met die Dissipels-bende gehad.

Die oorledenes is almal in die kop en gesig geskiet.

adrian aleander
Adrian Alexander (12). Foto verskaf

Polisiebronne sê twee aanvallers is ná die skietery na buite en het van die toneel af weggehardloop.

’n Bron sê hulle het altesaam 13 9 mm-koeëldoppies op die toneel gekry.

Brigadier Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring wat Woensdagoggend omstreeks 08:00 uitgereik is, gesê lede van die bende-eenheid, die Elsiesrivier-polisie se sigbare polisiëring en misdaadintelligensie het in die ure na die moorde onverpoos na die skieters begin soek.

Twee mans, 30 en 36, is in die vroeë oggendure in hegtenis geneem. Hulle sal in die hof verskyn sodra hulle aangekla is. Sy het ook bevestig die moontlikheid dat die voorval bendeverwant is word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.