Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Fochville-moord: 3 vas wat saam met bejaarde op plaas woon

’n Ma, haar seun en dié se vriend sal Woensdag in die landdroshof in Fochville, Gauteng, verskyn in verband met die moord op Susanna Maria Elizabeth Nell (84) van die plaas Elandsfontein in die omgewing.

Susanna Maria Elizabeth Nell (84). Foto: Verskaf

Konst. Elsie Tshonte, polisiewoordvoerder in Fochville, sê twee mans, onderskeidelik 23 en 29 jaar oud, en ’n 64-jarige vrou is Maandag in Klerksdorp op klagte van moord en huisroof aangekeer.

“Die mans het saam met die vrou in ’n woonstel op die plaas gewoon. Die oorledene se beursie en selfoon is in hul besit gevind. Gesteelde goedere, wat aan die oorledene behoort het, is later in hul woonstel gevind,” sê Tshonte.

Volgens haar is Nell se lyk Maandagoggend, versteek onder ’n hoop klere, in haar huis se eetkamer ontdek. Sy is vermoedelik verwurg.

“ ’n Werknemer het onraad vermoed toe hy by die huis vir werk aanmeld, maar geen reaksie kry nie. Hy het die polisie ontbied nadat hy om die huis geloop en gesien het dat die diefwering by die slaapkamervenster oopgedwing is. Die oorledene se selfoonsein is later dieselfde dag by ’n selfoontoring in Klerksdorp opgetel en die verdagtes is in hegtenis geneem,” sê Tshonte.

FC van der Merwe, voorsitter van die Fochville-gemeenskapspolisiëringsforum, sê wat gebeur het, is verskriklik.

“Dit is die tweede wrede moord hier sedert 2017 toe Willie Barnard, wat hier naby gewoon het, op sy plaas vermoor is.

“Sowat 142 patrolleerders fynkam die omgewing gereeld vir misdadigers. Dit is erg wanneer mense, wat op dieselfde perseel woon, jou grootste bedreiging word,” sê Van der Merwe.

Susan du Toit, Nell se dogter, kon nie Dinsdag met Netwerk24 praat oor wat met haar ma gebeur het nie.

“Ek is te geskok om enigiets te sê.”

Meer oor:  Fochville  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.