Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Fonds skenk R1,5 m. om boere te beveilig

Die veiligheid van die boerderygemeenskap in Suid-Afrika is ’n prioriteit en daarom het Agri Securitas Trustfonds meer as R1,5 miljoen aan boereverenigings oor die land heen geskenk.

Japie Grobler, voorsitter van Agri Securitas Trustfonds, sê met die skenking word nagenoeg 420 boere en 15 500 plaaswerkers oor die land heen beveilig.

Die skenking help 12 boereverenigings om kringtelevisiekameras en veiligheidstoerusting aan te koop.

“Die veiligheid van ons landbouers en plaaswerkers is belangrik, ter wille van stabiliteit en voedselsekerheid in die land.

“Die mate waaronder die landbougemeenskap aan geweld- en eiendomsverwante misdade deurloop, skep ’n enorme probleem vir die sektor en Suid-Afrikaners moet daarvan kennis dra.

“Terselfdertyd moet daar ook ag geslaan word op die misdaadbedreiging van ander gemeenskappe in die land en die negatiewe invloed wat dit op hul reg tot veiligheid het,” sê Grobler.

Geld is aan boereverenigings in Noordwes, die Noord-Kaap, Limpopo, KwaZulu-Natal en Wes-Kaap bewillig. Grobler sê boereverenigings maak toenemend staat op kamerastelsels om ’n wye gebied te monitor.

Met die stelsels kan verdagte voertuie en mense geïdentifiseer word wat ’n gebied betree en die gemeenskap kan dan vinnig reageer.

Hy sê veediefstal is een van die grootste eiendomsverwante misdrywe wat tot groot finansiële verliese lei. Die landbougemeenskap is ook slagoffers van huisrowe en die diefstal en vernietiging van plaasinfrastruktuur.

Geldelike bydraes van die korporatiewe en privaat sektor sal waardeer word om met hul werk voort te gaan, veral teen die agtergrond van die toenemende behoefte aan finansiële ondersteuning.

“Die trustfonds bly ’n neutrale en ideale platform om ’n bydrae te maak tot die stryd teen landelike misdaad en die beveiliging van ons boerderygemeenskap.”

Meer oor:  Skenkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.