Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Geld ingesamel vir vermoorde Yolandi se familie

Verskeie fondse is teen Dinsdag op die been gebring om die familie van die vermoorde Yolandi Botes (35) by te staan.

Geld word onder meer ingesamel om ’n private speurder aan te stel om met die moordondersoek te help.

Botes het op 26 April naby die O.R. Tambo-lughawe vermis geraak. Verlede Dinsdag is van haar liggaamsdele by ’n vakansieoord by Villiers, in die Vrystaat, gevind.

Yolandi Botes (35), wat vermoor is. Dele van haar liggaam is verlede week in die Vaalrivier gevind. Foto: Facebook

Botes het van George gevlieg om by haar dogters te kom kuier wat by haar eksman woon. Sy sou ook ’n dag of twee by haar familie deurbring wat onder meer in Brakpan woon.

Die laaste keer dat sy glo lewend gesien is, was toe sy uit die lughawe gestap en in ’n motor geklim het.

Die private speurder Mike Bolhuis, wat Botes se familie in die soektog na haar bygestaan het, het bevestig haar laaste ligging het gewys sy was in Edenvale.

Mariska Oosthuizen, ’n suster van Botes, het bevestig die motor het haar by ’n winkelsentrum in Boksburg afgelaai.

Oosthuizen was intussen self by die sentrum, maar kon geen bewyse opspoor om te bevestig of dit wel so is nie.

Die familie probeer nou te midde van die moordondersoek ook om ’n begrafnis vir Botes te reël. Hiervoor is daar ook ’n insameling begin op die groep Justice for Yolandi Botes op Facebook. Die finale begrafnisreëlings moet nog bekend gemaak word.

Daar sal wel Saterdag ’n kranslegging en massagebed vir Botes by haar ouerhuis gehou word. Haar familie het ’n beroep gedoen op almal wat omgee om die geleentheid te ondersteun.

“Ons moet begin opstaan vir ons geliefdes. Hulle verdien geregtigheid,” het Oosthuizen aan Netwerk24 gesê.

Meer oor:  Yolandi Botes  |  Boksburg  |  Speurder  |  Vermoor  |  Fondsinsameling  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.