Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
FOTO: Het roofdier bene van lyk in Stellenbosch afgevreet?

Waarskuwing: Hierdie berig bevat 'n grafiese foto wat sensitiewe lesers kan ontstel.

Was dit ’n luiperd of ’n moord? Dit is die tergende vraag wat die polisie moet beantwoord nadat hulle Dinsdag die lyk van ’n beenlose man (62) in die bosse digby Jamestown, Stellenbosch, gekry het.

Mense het ’n foto van die man op sosiale media gedeel en daar is beweer dat sy bene moontlik deur ’n roofdier afgevreet is. Daar is ook beweer dat spore van ’n roofdier, glo dié van ’n luiperd, naby die lyk gekry is.

Die monsters moet nou getoets word alvorens ons kan sê watter soort dier dit is.
Dave Pepler

Die omgewingskundige Dave Pepler van Stellenbosch het gesê dat hy Dinsdag kort nadat die lyk gekry is deur die polisie gekontak is. Hulle het glo ’n dierespoor vir hom gestuur en gevra of hy kan help om dit te identifiseer.

Pepler het Woensdag gesê hy was vroegoggend saam met die Stellenbosse polisie op die toneel waar hy haar- en ander monsters ingesamel het.

“Die monsters moet nou getoets word alvorens ons kan sê watter soort dier dit is.”

Hy het ook gesê dat hy nie kan sê of dit ’n roofdier is wat die man aangeval het nie.

Volgens Pepler sal die oorsaak van die man se dood eers vasgestel kan word wanneer ’n lykskouing gedoen word.

Hy sê hy is gevra om dit ook by te woon. Die lykskouing word moontlik Donderdag gedoen.

Op ’n vraag of daar roofdiere soos luiperds in die Stellenbosch-omgewing is, het Pepler gesê roofdiere is oral. “Ja, daar is luiperds in die omgewing van die Stellenbosch-berge en selfs ook in die omgewing van die Simonsberge,” het hy gesê.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die lyk van ’n 62-jarige man Dinsdagoggend deur lede van die publiek gekry is. Die identiteit van die man is aan die polisie bekend. 

Hy sê ’n geregtelike dossier is aangelê en ’n lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van die man se dood te bepaal.

Die lyk van ’n inwoner van Jamestown is Dinsdag sonder bene in die bosse gevind. Dis vermoedelik deur ’n roofdier afgevreet. Foto: Verskaf

Meer oor:  Polisie  |  Stellenbosch  |  Lyk  |  Roofdier  |  Luiperd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.