Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Foto's: Geldwa brand uit in rooftog in Randburg
’n Geldwa en ’n ligte motorvoertuig is Maandagaand ná ’n vermoedelike transitorooftog by Randburg in vlamme.Foto: Verskaf

’n Geldwa het Maandagaand in vlamme uitgebars ná ’n transitorooftog in Cosmo City naby Randburg.

Netcare 911 het omstreeks 18:42 gereageer op inligting oor ’n skietvoorval in Malibongwe-rylaan gereageer, lui ’n verklaring.

Verkeer in albei rigtings is vroeër die aand ontwrig.

“Berigte van die toneel af dui daarop dat ’n transitorooftog plaasgevind het,” sê Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, in ’n verklaring. Met paramedici se aankoms was ’n ligte motorvoertuig en ’n geldwa aan die brand, sê hy.

Twee veiligheidswagte van die geldwa is in ’n stabiele toestand nadat hulle op die toneel behandel is en na ’n hospitaal geneem is.

Kol. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, het Maandagaand bevestig dat 'n onbekende aantal rowers om 18:00 'n pantservoertuig aangeval en die insittendes beveel het om op die grond te gaan lê.

Hulle het later in twee voertuie met 'n onbevestigde bedrag kontant gevlug en 'n voertuig is op die toneel aan die brand gesteek.

“Die wagte het geringe beserings opgedoen en is na die hospitaal geneem. Die polisie het 'n 72-uur aksieplan van stapel laat loop en doen 'n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom.” 

Die verkeer in albei rigting was vroeër Maandagaand ontwrig ná ’n vermoedelike transitorooftog in Malibongwe-rylaan by Randburg.Foto: Verskaf
’n Geldwa en ’n ligte motorvoertuig is Maandagaand ná ’n vermoedelike transitorooftog by Randburg in vlamme.Foto: Netcare 911
’n Geldwa en ’n ligte motorvoertuig is Maandagaand ná ’n vermoedelike transitorooftog by Randburg in vlamme.Foto: Netcare 911


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.