Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
FOTO'S: Man ry in 7 motors vas buite kuierplek

’n Man is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem, nadat hy glo uit woede in sewe motors voor ’n kuierplek in Vanderbijlpark vasgery het.

Sers. Gertrude Makhale, polisiewoordvoerder in Vanderbijlpark, het bevestig dat daar Vrydag omstreeks 02:00 ’n bakleiery tussen mans buite die M-Cafe langs die Engen-vulstasie in Hendrik van Eck-boulevard plaasgevind het.

Motorruite is met bakstene in die bakleiery in Vanderbijlpark uitgeslaan.Foto: Verskaf
Sewe motors is buite M-Cafe in Vanderbijlpark beskadig. Foto: Verskaf

“Die konfrontasie was eers binne M-Cafe, toe beweeg hulle uit. Twee van die mans (27 en 30 jaar oud) het buite verder baklei, terwyl ander in hul motors geklim en weggery het. ’n Werknemer van M-Cafe het uitgekom om hulle weg te jaag. Die een was besig om die geparkeerde motors te beskadig. Die ander een het toe in sy motor geklim en in sewe ander geparkeerde voertuie vasgery. Hulle het ook die kuierplek se tafels beskadig en vensters gebreek,” sê Makhele.

Die man in die motor het homself so erg beseer dat die nooddienste uitgeroep is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê toe die nooddienste op die toneel aankom, was twee petroljoggies reeds besig om die beseerde 30-jarige man te help. ER24 het ook twee ander persone behandel.

Volgens Meiring is die skade deur bakstene veroorsaak. Hy sê die beseerde man is ook met ’n baksteen aangerand.

Die polisie het die 27-jarige man in hegtenis geneem. Die mans sal na verwagting Maandag op ’n aanklag van kwaadwillige beskadiging van eiendom in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn.

Indien die beseerde man nog nie uit die hospitaal ontslaan is nie, sal die hof ’n spesiale reëling tref, sê Makhele.

M-Cafe se vensters en tafels binne is ook vermoedelik met ’n baksteen in die bakleiery gebreek. Foto: Verskaf
Die polisie en nooddienste Vrydagoggend voor M-Cafe in Vanderbijlpark. Foto: Verskaf
Meer oor:  Vanderbijlpark  |  Motors  |  Kuierplek  |  Bakleiery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.