Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Foto's wys 2 terwyl hulle kerk beroof
Een van die mans wat gesoek word in verband met die gewapende rooftog by die Hillsongs Kerk in Kaapstad.Foto: SAPD
Op 29 Oktober het twee mans die Hillsong-kerk in Kaapstad beroof.Foto: SAPD
Die man word gesoek ná ’n rooftog in Oktober by die Hillsong-kerk in Kaapstad. Foto: SAPD

Die polisie het foto’s uitgereik van twee mans wat in Oktober na bewering by die gewapende rooftog by die Hillsong-kerk in Century City, Kaapstad, betrokke was.

Die twee mans het op 29 Oktober omstreeks 11:00 die kerk binnegegaan nadat hulle voorgegee het om iets af te lewer.

Die mans het die personeel met vuurwapens gedreig voordat hulle met geld en selfone gevlug het.

Die kerk het vroeër in ’n verklaring gesê dat hulle uitstekende veiligheidsmaatreëls het, maar dat hulle nou na bykomende maatreëls gaan kyk om die veiligheid van lidmate en die personeel te verbeter.

Die foto’s wat deur die polisie uitgereik is, is afkomstig van kringtelevisiekameras op die perseel.

Enigiemand met inligting kan speur. konst. Masande Majikijela by 079 894 1638 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Meer oor:  Century City  |  Kerk  |  Rooftog  |  Hillsong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.