Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers oorval gaste by wêreldbekende Kaapse hotel

Gaste, personeel en veiligheidswagte by die wêreldbekende en weelderige Belmond Mount Nelson Hotel, is Dinsdag kort voor 23:00 deur sowat 15 gewapende mans aangehou en beroof.

Die Belmond Mount Nelson Hotel. Foto: Michael Hammond

Die rowers, wat glo almal klapmusse gedra het, het volgens die polisie in twee voertuie – ’n wit Toyota Corola en ’n wit Volkswagen Polo – opgedaag.

By die ingangshek het hulle ’n veiligheidswag oorrompel en sy slaanstok en handradio afgevat.

Terwyl twee van die rowers by die veiligheidswag agtergebly het, is die res na die hotel self.

Hier het hulle in die ontvangsarea van die hotel gaste, ander personeellede, insluitend veiligheidswagte, oorrompel en met voorhamers glaskaste waarin juweliersware uitgestal is, stukkend geslaan en die juweliersware gebuit. Hulle het die mense almal van hul persoonlike items beroof.

Daarna is van hulle na die kroeg waar hulle gaste wat daar gekuier het, van hul selfone beroof het.

Kontant is ook by ontvangs gesteel. Die mans het daarna in die twee voertuie van die toneel gevlug.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Hy het gesê dit het omstreeks 22:45 plaasgevind.

Van Wyk het ook bevestig dat die glaskaste waarin juweliersware uitgestal is, met voorhamers gebreek is en dat juweliersware en ’n onbekende bedrag geld by die ontvangs geroof is.

Hy het gesê dat ’n taakspan aangestel is om die rooftog te ondersoek en dat speurders nog besig is om die misdaadtoneel vir leidrade te fynkam.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en niemand is beseer nie.

Van Wyk het gevra dat enigiemand met inligting die Stop Misdaadnommer by 0860 010 111 moet bel.

Bekende Hollywood-sterre soos Sean Penn, Kevin Spacey en Jared Leto het al onder groot geheimhouding in dié hotel tuisgegaan.

John Lennon van The Beatles-faam het ook kort voor sy dood onder die skuilnaam Mr Greenwood in die Mount Nelson gebly.

Ander bekende gaste was Bill Clinton, voormalige president van die VSA, Winston Churchill, voormalige eerste minister van Brittanje en Sir Arthur Conan Doyle, skrywer van Sherlock Holmes-boeke.

Meer oor:  Kaapstad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.