Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gaste op gasteplaas in O-Kaap aangeval, beroof
Bobby Stevenson, DA-woordvoerder vir finansies in die Oos-Kaap. Foto: Argief

Die jongste plaasaanval in die Oos-Kaap dui op die noodsaaklikheid van dringende ingryping in belang van veiligheid in die Addo-gebied.

Bobby Stevenson, Oos-Kaapse DA-woordvoerder oor veiligheid en sekuriteit, het Saterdag gesê as in ag geneem word dat 14 van die provinsie se 74 plaasaanvalle die afgelope boekjaar in die Addo-omgewing voorgekom het, moes die owerhede al lankal die gevaarligte gesien het.

Die jongste voorval in die provinsie was Vrydagaand by ’n plaas-oornagplek buite Addo, ’n dag waarop spanning elders in die land hoog geloop het terwyl die moordverdagtes van die plaasvoorman Brendin Horner in die hof in Senekal in die Vrystaat verskyn het.

Op dieselfde dag het verskeie leiers in die georganiseerde landbou ’n saamtrek in die Lady Slipper-omgewing buite Port Elizabeth bygewoon met ’n boodskap dat geweld nie die oplossing vir die spanning in die land is nie, en eerder saam gebou moet word aan ’n gelyke en regverdige Suid-Afrika.

Later daardie aand het sowat vyf mense met klapmusse mense op ’n gasteplaas by Addo aangeval.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het vyf gaste by die plaas se braaiplek gesit toe een van hulle omstreeks 20:35 opgelet het dat mense in hul rigting kruip.

Daarop het een van die betreders ’n skoot afgetrek en die 57-jarige man wat alarm gemaak het in die bolyf getref.

Dié gas het alarm gemaak.

Daarop het een van die betreders ’n skoot afgetrek en die 57-jarige man wat alarm gemaak het in die bolyf getref. Nog iemand is skrams in die bobeen gewond.

Die aanvallers het daarna ’n skootrekenaar, beursie, selfoon en ’n handsak gebuit en weggehardloop.

Nkohli het Sondag gesê die man wat in die bolyf gewond is, is steeds in die hospitaal.

Teen Sondagmiddag is niemand nog aangekeer nie.

Tikana-Gxothiwe, LUR vir veiligheid in die Oos-Kaap, het onlangs in haar antwoord op Stevenson se vrae in die provinsiale wetgewer laat blyk dat plaasaanvalle in die Oos-Kaap binne vier jaar bykans verdriedubbel het.

Altesaam 74 aanvalle is in die 2019-’20-boekjaar op plase in die provinsie aangemeld, teenoor die 26 in die 2016-’17-boekjaar.

In die Addo-gebied, gewild onder toeriste het plaasaanvalle van nege tot 14 toegeneem.

Volgens Stevenson is dié gebied ’n brandpunt vir plaasaanvalle.

“Dit is onaanvaarbaar dat daar in die afgelope twee jaar geen suksesvolle vervolgings vir plaasaanvalle in hierdie gebied was nie.

Tikana-Gxothiwe sê die polisie stel maatreëls soos padversperrings en sigbare patrollies in werking. Kringtelevisiekameras is op strategiese punte geïnstalleer en dit word gemonitor deur veiligheidsmaatskappye wat deurgaans met die polisie in kontak is.

“Boere en gastehuise word aangemoedig om ’n plaas-buurtwag te stig wat veiligheid in die gebied sal verbeter,” het sy gesê.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Addo  |  Plaasaanval  |  Gasteplaas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.