Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gauteng: Motorkapings daal met 6%, maar bly hoog

Motorkapings het die afgelope boekjaar in Gauteng met 6% afgeneem.

Dit blyk uit die jongste misdaadsyfers wat Donderdagoggend in die parlement bekend gemaak is.

Daar was nogtans ’n allemintige 7 776 voorvalle in die boekjaar tot einde Maart waarin motors gekaap is. Die vorige boekjaar was daar 8 269 sulke voorvalle – dus 493 meer as in die afgelope boekjaar.

Die getal rooftogte (dus waar die diewe gewapen is) by huise het met 3,7% toegeneem tot 8 644. Rooftogte by sakeondernemings het met 0,3% afgeneem tot 6 662.

Die prentjie is donker ten opsigte van seksmisdade. Die getal verkragtings wat aangemeld is, het met 4,4% gestyg tot 4 417.

Seksuele aanranding het met 14,7% gestyg van 1 511 tot 1 733 gevalle en pogings tot seksuele misdaad van 314 tot 332 voorvalle.

Transito-rooftogte het met 22,5% afgeneem van 80 tot 62.

Daar was 17,9% meer seksuele kontakmisdade – dit het van 229 tot 270 gevalle toegeneem.

Transito-rooftogte het met 22,5% afgeneem van 80 tot 62.

Waarskynlik danksy verbeterde veiligheidsmaatreëls het bankrooftogte die afgelope tien jaar van 62 in 2009-’10 afgeneem tot net een die afgelope boekjaar.

Vragmotorkapings het met 8,6%, van 708 tot 647 voorvalle, afgeneem.

Daar was ook ’n klein afname in inbrake by huise, hoewel dit steeds baie hoog is: 15 985 inbrake teenoor 16 220 in die vorige boekjaar.

Tien jaar gelede was daar byna 18 000 huisbrake.

Nog ’n klein stukkie goeie nuus is dat getal motors en motorfietse wat gesteel is, met 5,4% gedaal het van 25 705 tot 24 321.

Diefstal uit voertuie is ook minder – van 41 298 tot 39 171. Vyf jaar gelede was daar byna 45 000 sulke gevalle.

Uit die polisie-statistieke blyk dit ook dat daar ’n skerp afname van 12,4% was in die getal mense wat in die besit was van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Dié getal het gedaal van 4 505 tot 3 947.

Selfs dwelmverwante misdaad het afgeneem, met 19,7% van 69 285 tot 55 639 voorvalle.

Voorts het die getal motoriste wat onder die invloed van drank of dwelms was toe hulle gestop is, met 2 970 afgeneem tot 30 203. Dit is ’n afname van 9%.

Daar was in die afgelope boekjaar 40 000 gevalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dit is ’n toename van 0,6%. Gewone aanranding het ook toegeneem (van 43 587 tot 45 590).

Die getal voorvalle van opsetlike saakbeskadiging het van 31 961 voorvalle tot 30 743 gedaal.

Brandstigting het met 7,5% toegeneem van 495 gevalle tot 532.

Meer oor:  Gauteng  |  Misdaadstatistiek  |  Motorkapings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.