Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gee Suid-Afrikaners weer hoop, sê Cele aan polisie

Polisiebeamptes is met die nodige hulpmiddele toegerus om Suid-Afrikaners te beveilig, maar hulle moet ook dié middele gebruik om hulself te beveilig.

Dit was Maandag die boodskap van Bheki Cele, minister van polisie, aan duisende polisiebeamptes landwyd, wat die vierings van Nasionale Polisiedag in Port Elizabeth bygewoon het.

Cele en talle hooggeplaaste polisielede het die geleentheid in die Gelvandale-stadion bygewoon.

Hy het in sy toespraak gesê hy hoop dat die polisielede uitgerus is, want Suid-Afrikaners verwag van hulle om hul werk op ’n uitstekende manier te doen.

bheki cele, nasionale polisiedag
Bheki Cele, minister van polisie, lewer Maandag ’n toespraak op die jaarlikse viering van Nasionale Polisiedag. Foto: Lulama Zenzile
(Misdadigers) moet slapelose nagte hê wanneer hulle aan die polisie dink.

Hy het polisiebeamptes aangemoedig om alle Suid-Afrikaners te beskerm, maar veral die kwesbares in die samelewing, soos vroue en kinders.

Volgens Cele moet die polisiebeamptes misdadigers se gal behoorlik werk sodat daar “geen suurstof meer vir hulle oorbly nie”.

Misdadigers moet saans wanneer hulle wil slaap, sweet van bekommernis en net blou voor hulle sien, het hy gesê.

“Hulle moet slapelose nagte hê wanneer hulle aan die polisie dink.”

Oor die toerusting en hulpmiddele waarmee die polisiebeamptes toegerus is, het Cele gesê hulle moet dit gebruik om hulle teen misdadigers te beskerm.

Volgens Cele is dit sy ideaal dat vroue saans alleen kan rondstap sonder om te vrees dat hulle verkrag of aangerand gaan word.

“Verbeter elke Suid-Afrikaner se lewe in die uitvoering van jul pligte, en gee hulle weer hoop,” het Cele gesê.

Polisiebeamptes van die Wes-Kaap, Gauteng, Limpopo, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en die Oos-Kaap het Maandag se verrigtinge bygewoon.

Meer oor:  Bheki Cele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.