Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Geen ‘cowboys in die strate’, sê AfriForum oor veiligheid-projek

’n Baie streng gedragskode sal geld vir mense wat lid wil word van AfriForum se private veiligheidsmaatskappy, het, dié organisasie se uitvoerende hoof, gesê.

“Die laaste ding wat jy nodig het, is mense wat dink hulle is ’n klomp cowboys en dan die strate met gewere invaar,” het Kriel Donderdag op die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad in Pretoria gesê.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verduidelik dié organisasie se veiligheidsplan Donderdag in Pretoria aan afgevaardigdes by die Solidariteit Beweging se toekomsberaad. Foto: Reint Dykema

Volgens Kriel is Forum Sekuriteit gestig om te help met die bekamping van misdaad en om dreigende onrussituasies, veral by skole, te ontlont.

3 800 mense is tot dusver opgelei en Forum Sekuriteit gaan “drasties uitgebou” word.

Forum Sekuriteit is by die owerhede geregistreer en is wettig en nie ’n “vreemde mobiliseringsoefening” nie, sê Kriel.

Die plan is om minstens 15 proto-spanne op te lei wat onder meer kan help om met die minimum geweld moontlike onrussituasies te ontlont. Kriel het in dié verband verwys na die betogings vroeg verlede jaar voor die Hoërskool Overvaal, wat gedreig het om hand uit te ruk.

Hy het bygevoeg dat skoolveiligheid ’n prioriteit is en dat 107 veiligheidsoudits by skole al gedoen is.

Die opleiding van proto-spanne word deur 70 vrywilligers behartig.

Net soos met AfriForum se buurtwag-organisasies, sal daar ook met die polisie saamgewerk word. Kriel sê daar is in die “meeste plekke” goeie samewerking met die polisie.

Hy het ook aangekondig dat AfriForum vier lugsteuntakke vanjaar gevestig het en dat 19 operateurs van hommeltuie opgelei is.

AfriForum het reeds 143 buurt- en plaaswagte met sowat 9 600 lede en beplan om dit teen 2030 tot 200 buurtwagte met 20 000 lede uit te brei.

“Ons werk saam met eienaars van private vliegtuie en sal hul brandstof betaal as ons die vliegtuie vir observasie uit die lug nodig het.”

Volgens Kriel is gemeenskapsbeveiliging baie belangrik omdat misdaad die belangrikste rede vir emigrasie uit die land is. Die misdaad skrik mense ook af om terug te keer na Suid-Afrika.

AfriForum het reeds 143 buurt- en plaaswagte met sowat 9 600 lede en beplan om dit teen 2030 tot 200 buurtwagte met 20 000 lede uit te brei.

Dié buurtwagte werk saam met verskeie ander organisasies wat gemeenskapsbeveiliging doen.

AfriForum het ook twee nasionale beheersentrums (een in Pretoria en een in Orania) en 44 streeksbeheersentrums.

Meer as 5 000 radiostelle word gebruik en daar is 60 herhalers “wat die radio’s met mekaar laat praat”.

’n Eenheid vir trauma-ondersteuning is ook op die been gebring en ’n fonds om slagoffers te ondersteun, gaan ook gestig word.

Meer oor:  Solidariteit  |  Afriforum  |  Kallie Kriel  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.