Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Geen xenofobiese aanvalle in Bellville, sê polisie

Die polisie het Maandagmiddag gerugte van xenofobiese aanvalle en die plundery van winkels in Bellville se middestad ontken.

Gerugte van geweld in dié deel van Kaapstad is vroegmiddag op sosiale media versprei, maar die polisie in die Wes-Kaap het aangedui dat hulle weens ’n bakleiery tussen twee mans ontbied is en dit vinnig opgelos het.

Brig. Novela Potelwa, ’n polisiewoordvoerder, sê polisielede was die middag by die Middestad Mall, waar die bakleiery plaasgevind het.

“Omdat dit so naby aan die Bellville-taxistaanplek is, is die voorval misverstaan as ’n aanval op buitelanders se ondernemings in die gebied.”

Volgens Potelwa is die gebied kalm en is geen xenofobiese aanvalle aangemeld nie.

In Samora Machel, Philippi, in Kaapstad is ’n vrou dood en 21 mense Sondag in hegtenis geneem nadat winkels, onder meer dié van buitelanders, geplunder is.

Inwoners het toe gesê dit is “nie noodwendig xenofobie nie”, maar talle buitelanders het hul ondernemings uit vrees vir verdere aanvalle gesluit.

Meer oor:  Bellville  |  Philippi  |  Geweld  |  Xenofobie  |  Plundering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.