Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrae omhul skote op regsman

Groot geheimsinnigheid omhul die omstandighede waarin ’n Kaapstadse prokureur Jakes van der Merwe (53) Woensdag in Constantiastraat, Higgovale in Kaapstad gewond is.

Netwerk24 het Woensdag berig hy is omstreeks 07:50 geskiet waar hy in sy voertuig gesit het.

Twee skote is op hom geskiet en een van die koeëls het hom in die nek getref.

Sy aanvaller het glo in ’n silwer Hyundai Hi-kombi met ’n gekloonde registrasienommer weggejaag

Van der Merwe, ’n siviele prokureur, is omstreeks 08:10 by die Christian Barnard Memorial-hospitaal opgeneem en is later dieselfde dag omstreeks 11:40 ontslaan.

Donderdag het ’n werknemer by die regsfirma in Kaapstad waar Van der Merwe werk, gesê hulle weet nie hoe dit met hom gaan of hoekom hy geskiet is nie. “Ons weet niks nie,” het die vrou gesê.

’n Polisiewoordvoerder, kol. Andrè Traut, het Donderdag gesê die ondersoek gaan voort en dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Meer oor:  Jakes Van Der Merwe  |  Higgovale  |  Kaapstad  |  Skietery  |  Skietvoorval  |  Prokureur Geskiet  |  Regsman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.