Die geld wat Saterdagoggend in ’n gewapende rooftog voor ’n bank in Rocklands, Bloemfontein, gebuit is, is teruggevind met die houer se alarm nog geaktiveer.
Vier gewapende rowers, twee met gewere en twee met pistole, het Saterdag omstreeks 10:30 op ’n G4S-voertuig in Moshoeshoestraat toegeslaan, sê kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder.
Die veiligheidswag was besig om geld uit die voertuig by die Capitec-kitsbank af te laai toe die rowers op die voertuig begin skiet het.
“Die 40-jarige bestuurder was nog in die voertuig toe die skietery begin. Die ander veiligheidswag, wat die geldsak gedra het, is van die geldsak beroof.”
Geen meer inligting is bekend gemaak oor waar dit gevind is nie, net dat die alarm van die geldhouer nog geaktiveer was.
Dit is nie bekend gemaak hoeveel geld daarin was nie.
Volgens Mbambo het van die rowers te voet gevlug terwyl ander in ’n swart Jeep, wit Ford Ranger en ’n silwerkleurige Volkswagen Polo weggejaag het.
Die geld is later gevind. Geen meer inligting is bekend gemaak oor waar dit gevind is nie, net dat die alarm van die geldhouer nog geaktiveer was.
Die dossier is na die Valke verwys. Netwerk24 kon nie Sondag kapt. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, vir kommentaar bereik nie.
Volgens Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, het die nooddiens Saterdagoggend drie merkbaar geskokte veiligheidswagte op die toneel aangetref.
“Hulle is op die toneel ondersoek en daar is vasgestel dat hulle net ligte beserings opgedoen het. Al drie wagte het vervoer na die hospitaal van die hand gewys.”