Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Geldwa met plofstof oopgeskiet
’n Veiligheidswag is in die voorval in sy enkel raakgeskiet. Foto: Verskaf

Stukke metaal van ’n geldwa was Donderdag ná ’n mislukte transitorooftog in Vanderbijlpark op die toneel versprei.

Die verdagtes het plofstof gebruik om die geldwa oop te skiet, en te danke aan die veiligheidswagte se vinnige optrede is nie ’n sent gebuit nie.

Die G4S-veiligheidsgroep het aan Netwerk24 bevestig dat dit een van sy geldwaens was waarop toegeslaan is.

“Die onderneming se veiligheidswagte het alle noodprosedures tydens die rooftog gevolg wat daartoe gelei het dat geen geld in die voorval gebuit is nie,” sê Renso Smit, besturende direkteur van G4S.

Polisielede fynkam die toneel. Foto: Verskaf

Een van die veiligheidswagte (in sy 20’s) is in die aanval in sy enkel raakgeskiet en sterk nou in die hospitaal aan. Volgens Smit herstel die veiligheidswag goed.

Luidens ’n verklaring van Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het paramedici omstreeks 09:20 in Frikkie Meyer-boulevard aangekom.

Die transitovoertuig was in die middel van die pad. Nog drie veiligheidswagte wat in die voertuig was, is nie in die rooftog beseer nie. “Die beseerde veiligheidswag is op die toneel behandel en toe na die naaste hospitaal gebring,” sê Meiring.

Volgens Smit ontstaan kommer oor die toename in transitorooftogte.

“G4S is bekommerd oor die toenemende aantal transitorooftogte oor die land heen. Die aanvalle is goed beplan en gekoördineerd, dit kom meer gereeld voor en raak al hoe gewelddadiger. Terwyl die polisie die afgelope paar maande ’n aantal mense in hegtenis geneem het, is ’n dringende benadering nodig,” sê Smit.

Smit sê G4S glo dat dit slegs voorkom kan word deur noue samewerking tussen die regering, wetstoepassers en ondernemings.

G4S werk nou saam met die polisie om die verdagtes vas te trek.

Navrae is aan die polisie gestuur.

Meer oor:  Plofstof  |  Geldwa  |  Transitoroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.