Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Geldwa naby Polokwane beroof
Polisielede op die Matlala-pad in Limpopo waar transitorowers Maandag toegeslaan het. Foto: SAUK

’n Veiligheidswag van SBV is lig beseer toe ’n bende swaar gewapende rowers vroeg Maandagoggend op ’n gepantserde geldwa buite Polokwane in Limpopo toegesak het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die rowers het die bande van die geldwa met aanvalsgewere stukkend geskiet.

Die SBV-geldwa was op pad vanaf Polokwane na Matlala toe dit aangeval is.

Die rowers het glo plofstof gebruik om die geldwa oop te blaas en het met ’n onbekende bedrag kontant gevlug.

Ngoepe sê die rowers het blitsvinnig laat spaander. ’n Reuse-soektog is aan die gang om die rowers aan te keer.

Dit is nie seker presies hoeveel rowers by die transitorooftog betrokke was nie.

Die SAUK berig daar was verlede week ook ’n voorval op dieselfde pad na Matlala waar gewapende mans ’n geldwa wou aanval. Dié poging het misluk.

Meer oor:  Polokwane  |  Limpopo  |  Geldwa  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.