Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sakevrou van Upington se lyk in swembad gevind
’n Voertuig van die polisie se forensiese afdeling was Dinsdagmiddag buite die kompleks geparkeer waar die lyk van Judith Redelinghuys in die swembad gevind is. Foto: Anena Burger

Die moord op ’n gerekende sakevrou en geliefde tante vir kinders in Upington het Dinsdag skokgolwe deur dié dorp gestuur.

Volgens sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, is die lyk van Judith Redelinghuys (71) Dinsdagmiddag omstreeks 13:00 in die swembad by haar huis in die dorp aangetref. Haar hande was agter haar rug vasgebind.

Judith Redelinghuys
Judith Redelinghuys Foto: Facebook

Masegela sê Redelinghuys, ’n weduwee, se dogter, Leanne Arnon, het op haar ma se lyk afgekom nadat haar ma nie haar oproepe beantwoord het nie en sy na die huis in ’n gegoede woonkompleks langs die rivier is om te gaan ondersoek instel.

Daar is geen tekens van gedwonge toegang tot die huis nie en in dié stadium word slegs Redelinghuys se selfoon en handsak vermis, sê Masegela.

Die nuus het Dinsdag soos ’n veldbrand deur die omgewing versprei en geskokte inwoners sukkel om die tyding van Redelinghuys se dood te verwerk.

Sy was van 1993 tot 2012 die eienaar van die Woolworths-franchise in Upington en was ook van 1972 tot 1989 mede-eienaar van die Coca-Cola-botteleringsaanleg hier.

Die ingang na die private woonkompleks waar die lyk van Judith Redelinghuys in haar swembad gevind is. Foto: Anena Burger

Sy word deur inwoners beskryf as ’n toegewyde ouma wat verknog was aan haar vier kleindogters en dit geniet het om jaarliks te help om die balletkostuums vir hul dansskool se konserte te maak.

Sy word ook oorleef deur haar skoonseun, Jakov Arnon, en kleinkinders.

Die polisie versoek enigeen met inligting om konst. Vanessa van der Westhuizen op 082 495 4615 of 054 337 3400 te bel.

Meer oor:  Judith Redelinghuys  |  Upington  |  Moord  |  Swembad  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.