Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Geloof kan 'by' skole beoefen word, nie 'deur' nie
Hans Pietersen, voorsitter van die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod), in die hooggeregshof in Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla

Die verskil in die betekenis van die voorsetsels “by” en “deur” ondersteun volgens die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) hul standpunt dat ses openbare skole die Grondwet oortree het.

Ogod wil hê die hooggeregshof in Johannesburg moet die Laerskool Randhart in Alberton, die Laerskool Baanbreker in Boksburg, die Laerskool Garsfontein in Pretoria, die Hoërskool Linden in Johannesburg, die Hoërskool Oudtshoorn en die Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn se godsdiensbeleid as ongrondwetlik verklaar.

Die minister van basiese onderwys, die minister van justisie en korrektiewe dienste, en die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame is saam met dié ses skole respondente.

Adv. Hendrik van Nieuwenhuizen, vir Ogod, het Woensdag in sy slotbetoë na art. 15.1 van die Grondwet verwys.

Van Nieuwenhuizen het gesê geloof kan ingevolge dié artikel “by” skole beoefen word, nie “deur” skole nie.

Hy het gesê dit is in die belang van die Suid-Afrikaanse demokrasie dat openbare skole nie toegelaat word om ’n spesifieke godsdiens te bevorder nie, maar dat die keuse oor godsdiens in leerlinge se hande lê.

Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), in die hooggeregshof in Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla

Volgens Van Nieuwenhuizen stem die ses skole “uitdruklik saam” met Ogod se stelling dat hulle hulself as Christelike skole voordoen.

Hy het gesê dat dr. Tanya Robinson, ’n gesinsterapeut wat onderhoude met leerlinge aan die ses skole gevoer het, die Laerskool Garsfontein verkeerd bewys het in hul stelling dat 100% van die leerlinge aan dié skool Christene is.

As daar geen dwang was om aan godsdiensbeoefening deel te neem nie, “sou die skool geweet het daar is niegelowige leerlinge en nie gesê het 100% van hul leerlinge is Christene nie”.

Dít ná die slotbetoog van adv. Adrian d’Oliveira, die skole se regsverteenwoordiger, dat elke skoolgemeenskap uniek is en daarom toegelaat moet word om ’n godsdiensbeleid te kies wat die gemeenskap dien.

D’Oliveira het gesê hy wil hê die hof moet die skoolbeheerliggame se “wetgewende gesag” raaksien.

Meer oor:  Ogod  |  Hans Pietersen  |  Godsdiens  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.