Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gemeenskap geleer om eiendom te merk
Ao. Danie Pretorius merk ’n vrou se skootrekenaar in Virginia. Foto: Verskaf

Lede van die polisie se eenheid vir maatskaplike misdaadvoorkoming in Virginia het die week met ’n veldtog begin om gemeenskapslede se eiendom te merk.

Sers. Mamello Mokhuoane, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes het van deur tot deur gegaan om mense in te lig oor hoe belangrik dit is om hul eiendom te merk.

Die polisie het ook eiendom van mense gemerk wat hulle toestemming gegee het om dit te doen.

Sy sê tydens polisieondersoeke en patrollies lê hulle beslag op gesteelde goedere. In die meeste gevalle is dié eiendom nie gemerk nie.

Volgens haar is van die uitdagings waarmee die polisie te doen het mense wat die kwitansies van hul eiendom laat wegraak.

Dit maak dit baie moeilik om die goedere te identifiseer en eienaarskap te bewys.

Daarom is dit belangrik vir mense om hul elektriese toestelle, soos platskerm-TV’s, PlayStations, klankstelsels, ensovoorts, te merk, sê Mokhuoane.

Lede van die polisie se eenheid vir maatskaplike misdaadvoorkoming doen ’n beroep op die gemeenskap om hul naaste polisiekantoor te besoek om hulp te kry oor hoe om hul eiendom te merk.

Die veldtog duur voort en meer huise sal besoek word.

Meer oor:  Virginia  |  Diefstal  |  Beskerming  |  Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.