
Dr. Roelof Botha Foto: Facebook/Roelof J P Botha
Die gemeenskap van Tulbagh en omstreke is geruk ná die moord op hul plaaslike dokter Maandag omstreeks 18:30.
Dr. Roelof Botha, wie se praktyk in Van der Stelstraat is, se lyk is glo Maandagaand deur ’n plaaslike ouerpaar en hul kinders gevind nadat hy met ’n skerp voorwerp doodgemaak is.
Gerugte wil dit hê dat hy met ’n panga vermoor is.
Sy lyk is glo naby ’n grondpad gevind waar hy graag kleiduiwe geskiet het. Die grutoneel is glo net 400 meter van sy huis.
Speurders was Maandag omstreeks 21:30 nog op die toneel. Navrae oor die voorval aan die Wes-Kaapse polisie het Maandagaand onbeantwoord gebly.

Dr. Roelof Botha en sy vrou, Lorette. Foto: Facebook/Lorette Botha