Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gemeenskap in PE verbrand glo 2 mans se lyke

Die verkoolde lyke van twee mans is in Motherwell, Port Elizabeth, gekry.

Volgens die polisie was albei glo erg aangerand voordat hul lyke aan die brand gesteek is. Dit blyk gevalle te wees waarin die gemeenskap eie reg gebruik het.

In die eerste voorval is die lyk van Johannes Bantu (25) op 28 September tussen rommel in Kaulelastraat in NU8, Motherwell, gekry, sê kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder.

Die polisie was die volgende dag om 20:00 weer in Kaulelastraat ’n lid van die gemeenskap hulle ingelig het dat iemand aan die brand gesteek is.

Volgens Swart is die brandweer ontbied om die vlamme te blus. Die man kon nog nie geïdentifiseer word nie, maar was volgens die polisie in sy vroeë 20’s.

“Daar word beweer dat die slagoffer erge kopbeserings opgedoen het voordat hy aan die brand gesteek is.

“Twee afsonderlike moordsake word ondersoek,” sê Swart.

Genl.maj. Thembisile Patekile, Nelson Mandelabaai se streekkommissaris, het die gemeenskap teen die gebruik van eie reg gewaarsku.

“Misdadigers moet by die polisie verkla word. ’n Mens kan nie een misdaad oplos deur nog een te pleeg nie.”

Enigiemand wat die polisie kan help om die lyk van die tweede man te identifiseer of weet van iemand wat vermis word, kan die Motherwell-polisiekantoor by 041 407 6402 skakel.

Enigeen met inligting oor die moorde kan insp. Marrilyn Jungli by 079 896 5903 bel of die Stopmisdaadnommer, 08600 10111, skakel. Alle inligting word as vertroulik hanteer.  

Meer oor:  Polisie  |  Motherwell  |  Port Elizabeth  |  Lyke  |  Verbrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.