Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gemeenskap, polisie trek vermeende rower in Pta vas

Een van die rowers wat vermoedelik betrokke was by die rooftog Saterdagoggend naby Pretoria waar ’n man erg aangerand en ’n vrou verkrag is, is vroeg Saterdagmiddag vasgetrek.

Cobie Jansen van Rensburg, voorsitter van die sektor 3-gemeenskapspolisiëringforum in Pretoria-Noord, het kort ná 13:00 bevestig een van die twee aanvallers is vasgetrek. Dít kom nadat die polisie en die gemeenskap sedert die vroeë oggendure met onder meer ’n helikopter gesoek het na die twee mans wat Saterdagoggend omstreeks 02:00 by ’n woonstel op ’n hoewe in die Onderstepoort-omgewing ingebreek het.

Die ongemaskerde, gewapende mans het die 26-jarige man en sy 24-jarige vriendin met ’n grendelsnyer aangerand. Albei moes steke in oop wonde aan onder meer hul koppe kry. X-strale het intussen ook gewys die man se heup is in die aanval gebreek. Hy het die rowers probeer skiet, maar hulle het hom oorrompel en sy vuurwapen by hom afgeneem.

Jansen van Rensburg sê ’n beloning van R20 000 is uitgeloof vir die vastrek van die bende rowers wat die afgelope week vermoedelik twee vroue op verskillende hoewes in die Onderstepoort-omgewing verkrag het.

Sy glo die rowers wat die paartjie vroeg Saterdagoggend aangeval het, is dieselfde groep wat ’n ander vrou Maandagoggend in dieselfde omgewing op ’n hoewe oorval en verkrag het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder in Gauteng, sê die rowers is Saterdagoggend vort met ’n televisie, die man se haelgeweer, twee selfone en klere ter waarde van R12 000.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

* Die slagoffers se name word weerhou om die identiteit van die vroue wat verkrag is, te beskerm.

Meer oor:  Onderstepoort  |  Pretoria  |  Misdaad  |  Inhegtenisname  |  Hoewe-Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.